DH
David H

1 reviews | Active since Oct 2019

20 Apr 2026, 11:49

Ek koop nou al meer as 5 jaar my voertuie by Jacky Bouwer by die Wonderboom tak… ek dink dis veilig om te sê sy is amper my persoonlike kar-dealer op hierdie stadium! 😄 Jacky maak elke keer die hele proses vinnig, maklik en sonder enige drama – as net all

Ek koop nou al meer as 5 jaar my voertuie by Jacky Bouwer by die Wonderboom tak… ek dink dis veilig om te sê sy is amper my persoonlike kar-dealer op hierdie stadium! 😄 Jacky maak elke keer die hele proses vinnig, maklik en sonder enige drama – as net alles in die lewe so glad kon verloop! Sy is definitief ’n staatmaker en iemand wat ek 100% vertrou. En dan is daar Lizelle in finansies… sy werk daai syfers soos ’n towenaar! 🧙♀️ Sy kry altyd ’n beter rentekoers en maak seker alles werk in jou guns. Ek weet nie hoe sy dit doen nie, maar ek kla beslis nie! Baie dankie vir julle ongelooflike diens – julle maak kar koop amper té maklik… ek gaan nou weer in die moeilikheid wees by die huis! 😂

0
Replies (1)
Gys Pitzer Motors
Gys Pitzer Motors's reply20 Apr 2026, 14:40
Official
Good day
Thank you we appreciate your feedback