1 reviews | Active since Sept 2025
Ek en my man kan nie genoeg dankie sê vir die ongelooflike diens wat ons by Gys Pitzer Motors – Wonderboom tak ontvang het nie
Ek en my man kan nie genoeg dankie sê vir die ongelooflike diens wat ons by Gys Pitzer Motors – Wonderboom tak ontvang het nie. Jacky het ons ongelooflik vinnig gehelp uit ’n baie slegte en stresvolle situasie. Sy het alles vir ons maklik en verstaanbaar gemaak en ons gehelp om ’n beter, wyser besluit te neem. Haar professionaliteit, omgee-hart en vinnige optrede het regtig vir ons die wêreld beteken. ’n Spesiale dankie ook aan Michelle, die finansiële bestuurder, wat sommer dadelik ingespring het. Sy het ons finansiële bestel duidelik en geduldig verduidelik en selfs verbeter sodat dit beter vir ons sou werk. Ons was onder groot druk, maar sy het alles kalm en professioneel hanteer. Ons het daar ingestap met bekommernisse en uitgestap met ’n groot glimlag. Dis nie elke dag wat mens sulke hartsmense ontmoet wat regtig omgee nie. Baie, baie dankie aan julle. Julle girls rock absoluut!
Thank you we appreciate your feedback
Thank you we appreciate your feedback
