1 reviews | Active since May 2014
SWAK SWAK SWAK SWAKSTE DIENS OOIT!!!!!!!
Ek het op die 2de Sept 2020 n bestelling geplaas by grondpad vellies en die betaling dadelik gemaak. Ek het x3 pare vellies bestel en volgens hulle website vat dit 2-3 weke vir delivery. Dit is al die 16de October, 6 weke later en het ek steeds geen bestelling ontvang nie. As mens nie bel om op te volg op jou bestelling nie,hoor mens niks van hulle nie en as mens bel is dit klomp verskonings. Dit is 6 weke later en het ek steeds nie my vellies ontvang nie.Ek het dit vroegtydig bestel vir n rede en steeds is daar 10000 verskonings.Niemand hou mens op hoogte nie.Hulle is gou om jou geld te vat maar as dit kom by diens lewer is daar geen! Ek sal niemand ooit aanbeveel om ooit deur Grondpad vellies te bestel nie, rerig die diens en die verskonings is pateties. Ek benodig my bestelling op die LAATSTE 23/10/2020.AS ek dit nie ontvang het teen dan nie, soek ek my gelde terug. Julle kan nie adverteer dat dit 2-3 weke vat en dan 6 weke later het mens steeds nie jou bestelling ontvang nie. Ek het julle al baie ondersteun, veral by die Randfontein skou, maar as dit die diens is wat mens ontvang vir x3 pare vellies, is ek jammer, sal ek nooit ooit iemand aanbeveel nie. En ek sal dit oral op social media ook adverteer .Ek soek asb my bestelling andersins soek ek n refund as julle nie die dienste kan lewer wat julle adverteer nie.Ek verstaan nie hoe adverteer julle iets op julle website en dan het julle dit nie of dit wat so lank nie. My geduld raak op en ek soek my bestelling asb.
