Wanvoorstelling!!!!

GREYHOUND

Ek is uiters ongelukkig met die bespreking van my dogter se retoerkaartjie via GREHOUND van Kimberley na Kaap en terug. OP die website het ons geclick op die Business class vir ‘n kaartjie. Volgens my ervaring en kennis, is dit die Dreamliner en dit beteken mens is verseker van ‘n goeie nagrus.

Toe ons egter by die Toerisme busstop in Kimberley kom, het sy ‘n sms gekry dat sy moet uitkyk vir die Mega Coach. Dis ‘n gewone bus. Verduidelik vir my hoe boek mens Business Class vir die Dreamliner, betaal die prys daarvoor en eindig op ‘n Mega Coach sonder dat jy in kennis gestel word van die probleem.

Die rede waarom ons die Dreamliner geboek het, is vir my dogter se gesondheid. Sy is bipoler en as sy nie slaap nie, dan beweeg sy in ‘n maniese fase in wat hospitalisasie vereis. Kan u dus verstaan waarom ek uiters ongelukkig is. Julle stel letterlik en figuurlik my dogter se gesondheid in gevaar, en die ergste van alles is, sy is oppad Kaap toe vir ‘n werksonderhoud.

Dis ironies dat sy die werk se aanbod vir ‘n buskaartjie op Citiliner geweier het, juis omdat sy nie kan slaap nie. Ek as ouer het eerder die ekstra koste aangegaan om haar op ‘n Dreamliner te sit.

Julle het egter besluit dis nie nodig nie, al het ek meer betaal. So ons kon netsowel van Citiliner se dienste gebruik gemaak het, want dit wat julle voorhou en dit wat ons gekry het, was beslis nie wat ons geboek het nie.

Dis regtig onaanvaarbaar dat daar veranderings op ‘n kaartjie gemaak word, sonder dat mens in kennis gestel word en dan word jy ook sonder enige jammerte in kennis gestel, dis nie hulle probleem nie, ons kan maar die geld gaan terug eis. Die kwessie is nie vir my die geld nie. Die kwessie is dat julle die skyn skep van dat mens in die Dreamliner afgaan en dan is jy skielik blootgestel om met ‘n doodgewone bus af te ry Kaap toe, waar jy regtig nie ‘n goeie nagrus kry nie.

Verduidelik ook vir my die verskil in pryse. Gewoonlik is daar ‘n 10% af**** en die kaartjie vir die Dreamliner is ongeveer R660 elk. Daar was geen af**** nie. Ek weet, want ek het sowat 3 weke gelede met die Dreamliner Kaap toe gery. Die een kaartjie vir haar rit na die Kaap is eienaardig, want dis R600 na die Kaap van Kimberley en die retoer R830 (Kaap na Kimberley). Ons het dit egter geboek, want my dogter moes dringend in die Kaap kom. Mens kan ook nie redeneer met die website nie.

Die manier hoe die personeel van die bus ons hanteer het, sonder begrip en sonder spyt, sonder moeite om die hoofkantoor te ****ak was ook nie aanvaarbaar nie.

Greyhound het ‘n sms sisteem en kon ons in kennis gestel het, dat die bus vol was en gevra het of ons op ‘n ander tyd wil ry, sodat ons steeds my dogter op die Dreamliner kon sit. Dit het egter nie gebeur nie.

Ek is ‘n uiters ongelukkig klient en wil weet hoe hierdie saak opgelos word, sonder dat dit vir ons verdere moeite veroorsaak. Eerstens gaan Greyound die kaartjie se geld moet aanpas en ook vir ons die versekering gee dat dit nie met die retoerkaartjie van die Kaap na Kimberley sal gebeur nie.

Marlene Zwiegers (PhD in Education UFS ©)

********** 684