1 reviews | Active since Oct 2016

03 Oct 2020, 13:06

SUID-AFRIKAANS????

Ons koop verlede jaar Junie 3 x 2 sitplek sitkamerstel. Eers is dit laat want daar was iets fout met die stel en teruggestuur. Februarie 2020 (8 maande later), laat weet ons die meubelwinkel by wie ons dit aangekoop het, dat die een 2 sitplek 'recliner' se sitplek heeltemal ingesak het. Die hele 2 sitplek recliner voel of dit 'los' is. Ons sit nie meer daarop nie, te bang dit 'val' inmekaar!!!! Ons wag vir 'n antwoord en toe kom die 'lockdown'. Begin Mei 2020 s***el ons weer die meubelwinkel en hul belowe dat, sodra die fabriek weer begin, hul na die stel sal kom kyk. Begin Junie s***el ek weer en weer eens word daar gesê dat een van Grafton Everest se personeel sal kom kyk na die stel. Julie s***el ek weer en steeds geen antwoord, so ook Augustus. Die 11e September ry ons van Pretoria na Roodepoort en praat met die verkoopsdame by die meubelwinkel by wie ons die stel aangekoop het. Sy wys my hoeveel keer sy al ges***el het!!! Sy s***el hul terwyl ons daar sit en beloof hul haar om ons binne die volgende week te ****ak. Dit is nou die 3e Oktober 2020, NOG NIKS!!!! Soos wat 'n ander kommentaar gelewer het, voel ek dieselfde - Trotse Suid-Afrikaanse produk?????

0
Replies (1)
Grafton Everest
Grafton Everest's reply07 Oct 2020, 09:59
Official
Hi Andre, kindly provide your contact details.
Many thanks