1 reviews | Active since Jul 2014
Beloftes maar stelsels werk nie
Global Carbon of nou GCarbon het in 2013 'n stelsel by my installeer. Na 4 dae het ek hul verwittig dat die stelsel nie besparing toon wat hul beloof het nie. Hul het my laat weet ek moet dit kans gee. Wel na meer as 2 jaar kan ek verseker se dat die stelsel nie die besparing gee wat hul beloof het nie. Ook dat daar GEEN naverkoop diens is nie. Wanneer hul jou geld het, is jy deel van hul statistiek. Gert en almal hou vas dat daar net 17 ongelukkige mense is op Hello Peter van 17 000 geinstalleerde stelsels (snaaks toe ek in 2013 gekoop het het Michael my gese dat daar 23 000 installasies was - snaaks hul installasies is minder na 2 jr) maar statistiek beweer dat daar net 1% van ontevrede mense is wat wel op Hello Peter of so iets 'n ver**** sal indien, dan lyk die syfers anders. Wel ek weet want daar het verseker meer as 17 mense my al ge****ak wat ongelukig is en se dat die stelsel nie werk nie, hul geen naverkoop diens het nie en om met bestuur te praat 'n onbegonne taak is. As jy hier lees hoop ek dat jy besig is om navorsing te doen oor hul produk en nog nie gekoop het nie. Asb moenie en versprei die woord, jy sal jou beslis 'n groot kopseer en geld bespaar! Japie ***
