CS
Christo S

1 reviews | Active since Dec 2020

22 Dec 2020, 10:14

Power en patetiese diens van Glacier Sanlam asook geen poging om my probleem op te los nie!!!!!!!!!

My klagte kom daarop neer dat ek onder ‘n valse indruk gelaat was deur die tussenganger met betrekking tot die spesifieke opsie waar ek die totale bedrag in ****ant kon ontrek. Ek was nie ontevrede oor die feit dat daar ‘n gedeelte aan belasting sou moes betaal word indien ek die opsie sou neem nie. Ek het slegs die belasting bedrag bevraagteken aangesien een van my oorlede moeder se polisse gesedeer was om hierdie kostes te dek. Daarom het ek versoek dat die tussenganger my met ‘n skriftelike kwotasie sou verskaf sodat ons hierdie belasting kon bespreek, en seker maak dat dit wel die geval sou wees met al die feite in ag geneem. Hy kon my nie daardie dag ‘n direkte antwoord gee nie, en sou dit later aan my stuur per epos. Dit het nooit gebeur nie. Pas hierna het die inperking ingetree en ek het eers weer in Junie 2020 opgevolg met die tussenganger. Ek was onder die indruk gelaat dat ek slegs die aansoek vorm teken om sodoende die belegging oor te dra na my persoonlike naam toe, maar dat ek op ‘n latere stadium, nadat die kwotasie ontvang was ‘n verdere besluit aangaande die fondse sou kon neem. Nooit was ek ingelig dat indien ek die aansoekvorm teken, ek nie weer toegang sou kry tot die fondse nie, want dan sou ek dit beslis nie eers oorweeg het nie. Dit was doelbewus nie aan my verduidelik nie. Net dat ek later na die epos weer kon vergader om dan die opsies verder te bespreek. Ek merk dat daar ook op die rekord van advies ingetik is (en nie deur my beantwoord was nie) NEE by die spesifieke vraag en ek stel dit weer aan u dat ek in die vergadering onder ‘n valse indruk geplaas was. Dit was gestel as ‘n kwotasie of uitlegging van die produk. Ek was onder die indruk dat ek na die geskrewe kwotasie ontvang was, weer ‘n verdere besluit sou kon neem. Indien die tussenganger my kan verskaf met ‘n telefoon oproep of ‘n opname van die spesifieke gesprek, waar aan my verduidelik word dat ek na die vergadering op 10 Februarie 2020 nie weer toegang tot die fondse sou kry nie, sal ek dit waardeer. Ek sal dit graag wil hoor want dit het beslis nie geskied nie. Hierdie was nie so aan my gestel nie en ek is bereid om ook so in die hof te getuig. Nerens op u terugvoer aan my word hierna verwys nie. Daar moet tog seker rekord hiervan wees aangesien al die gesprekke mos opgeneem word. Ek vra tevergeefs vir 'n getekende ****rak waarop daar duidelik staan dat ek nie weer toegang tot my fondse sal verkry nie. Ook nerens op die rekord van advies word dit so aan my verduidelik nie. Ek was doelbewus onder die verkeerde indruk geplaas en NIEMAND probeer my help of 'n oplossing vind vir my dilemma nie. Hulle is vreeslik vinnig om jou erfgeld te vat en tussenganger fooie uit te betaal, maar daarna hoor jy niks van hulle as daar 'n probleem is nie. Bitter swak diens, die ergste wat ek nog in my lewe ervaar het!

0
Replies (1)
Glacier by Sanlam
Glacier by Sanlam's reply22 Dec 2020, 13:00
Official
Dear Christo S,

We acknowledge receipt of your complaint.  We are sorry to hear of your experience.  
We will be in contact with you shortly.   

Regards,
Glacier Client Relations