1 reviews | Active since Aug 2016
Diens ****rak en waarborg : JMC enkel kajuit bakkie : Gindra Motors: Kemptonpark:
Op 1 November 2018 het ek ń nuwe JMC Single cab (diesel) bakkie by Gindra Motors Albatros straat 13 , Kempton park , Johannesburg , gekoop. Ek het my voertuig ingeruil op die bakkie. Die bakkie is nog 'n relatiewe onbekende maak in Suid -Afrika , maar die diensplan en waarborge wat saam met die voertuig gekom het , asook die Ford Puma 2.4 diesel met 380 kw enjin wat baie betroubaar is, het die koop deurgehaak. Ek sou beslis nie so 'n relatiewe onbekende maak voertuig sonder die waarborge gekoop het nie. Ek het op Donderdag 7de November 2019 vir 'n afspraak by Tata Motors ,Kimberley ( JMC Agentskap) gereël vir die bakkie se eerste 10,000 kilometer diens. Voertuig was om 8 vm op Dinsdag 12 November 2019 ingeboek. Om 08:30 was ek deur Darryn van Tata Motors Kimberley ges***el. Hy deel my mee dat JMC, SAfrica se waarborg afdeling hom meegedeel het dat die JMC enkelkap bakkie nie 'n diensplan in sy waarborg het nie en dat ek die agentskap waar ek sodanige voertuig gekoop het moet s***el en uitklaring kry. Darryn van Tata Motors Kimberley het hulle dadelik ges***el en hulle sal terugkom na hom. Hulle het ook versoek dat hy die ****rak wat in my besit is moet faks/mail na hulle toe . Hy het ook met Belinda, die werkswinkel bestuurder van Grinda Motors,Kemptonpark gepraat. Twee ure nadat Darryn niks van Gindra Motors gehoor het nie , het hy Belinda weer ges***el. Sy het net sarkasties gesê dat hy die bakkie na hulle moet bring om te diens. Hy het haar meegedeel dat die voertuig in Kimberley, Noord-Kaap staan en nie in Johannesburg nie Daarna het hy my weer ges***el. Ek het toe self vir Gindra Motors Kemptonpark ges***el. Ek het gevra om met Belinda te praat, s***elbord deel mee dat Belinda nie vandag beskikbaar is nie maar sy het 'n half uur gelede met Darryn van Tata Motors in Kimberley gepraat. Ek het toe met Dyron van Gindra Motors gepraat en die probleem aan hom verduidelik waarop hy gesê het hy s***el my terug. Hy het my na 10 minute terug ges***el en verduidelik dat 'n JMC enkelkajuit nie 'n diensplan waarborg het of kry nie. Ek deel hom mee dat Gindra Motors aan my 'n bakkie verkoop het op 2018-11-01 met so 'n diens waarborg. Dit is so aangeteken op my ****rak. Ek het hom toe gevra om als met sy bestuur op te neem en terug te kom na my toe aangesien die ****rak dan onwettig is. Sy houding was dat dit nie sy probleem was nie. Hy kan my dus nie verder help nie. Op my versoek vra ek hom om Belinda te vra om my terug te s***el oor die aangeleentheid . Ek wil graag Sondag 16 November 2019 vertrek met vakansie en benodig my voertuig. Die voertuig staan nog steeds in die werkswinkel van Tata Motors ,Kimberley. Dit is ook nog nie gediens nie. Na my mening is Gindra Motors nog steeds verantwoordelik vir die diens ****rak tot op 60000 km, aangesien dit tydens die koop aan my aangepresenteer was en dit is ook so op die ****rak aangestip is . . Niemand van Gindra Motors het nog enigsins na my toe terug gekom op 13 November 2019 om die saak uit te klaar nie.
