1 reviews | Active since Jan 2021
Ons kan kan kannie jou help nie en soek nou R250 vir die inligting
My ervaring van George Auto Cool is baie swak.
Ek bel hulle om te hoor of hulle n pyp vir my kar se aircon kan maak want ek het die kar gekoop sonder die HP pyp.
Hulle verseker my hulle kan teen R1200 n pyp maak. Ek ry toe tot by hulle n paar dae later en praat toe met 2 mans wat daar werk en vra n kwotasie en wys hulle waar die pyp weg is. Hulle sê toe omdat die sisteem oop was kon stof inkom en hulle sal die sisteem moet flush.
Hy skryf n kwotasie uit op n besigheids kaartjie. Pyp se maak R1200 dan R450 vir pyp se installasie nog n R900 on sisteem te flush en ekstra R70 vir olie en weer olie dan moet die sisteem gas kry van R450.
Dit is maar baie maar ek aanvaar die kwotasie. Die ontvangsdame maak n afspraak toe vir 2dae later.
Ek ry 60km tot daar die Donderdag oggend 9:00. Die ou wat die pyp gaan maak kom toe nader nadat ek die enjin klap oopmaak. Ek wys vir hom waar die pyp weg is. Hy sê toe onmiddellik vir my hulle kan nie so n pyp opmaak nie. Ek sê toe vir hom hulle het gesê hulle kan vir my. Hy sê toe vir my hy werk met die aircon installasies en verseker my hulle kan dit nie doen nie.
Die ontvangsdame maak toe n oproep en sê hulle kan vir my n nuwe pyp kry vir R5000.
Ek sê toe vir haar dit is heeltemal te veel en ek gaan maar eers in ander dorpe kyk vir n gebruikte pyp en sal dan terug kom om die werk te laat doen.
Sy sê dit is reg en sê ek moet dan net gou hulle service fee betaal........ Ek geskok en ontevrede vra hoe dan nou so. Sy sê haar ou het gekyk wat fout is op die sisteem en hulle vra R250 vir dit. Maar ek het dan vir julle gewys waar die pyp weg is.
Nou en het 120km gery heen en weer en 2ure gemors en hulle kan my nie help nie en dit nadat hulle gesê het hulle kan. Is ek dan nou verkeerd.
Ek sê toe vir haar dat ek gaan nie die fooi betaal nie. Sy bel haar baas en sê toe ek wil nie betaal nie. Hy sê toe vir haar dit is oraait ek hoef nie te betaal nie. Sy probeer hom toe nog oorreed dat ek moet betaal maar hy hou toe by dat ek nie hoef nie.
Wel ek weet ek sal nou nooit weer terug gaan na hulle toe nie.
Ek ry toe na ander aircon plek oorkant doctor Quincy. Hulle kan my help met alles vir R2200. Uitmuntende diens.
