Beste Amelia
Ons was ie**** verbaas om jou terugvoer op hierdie platvorm te ontvang, aangesien die Skema altyd ons lede insluit in ons korrespondensie met die betrokke diensvers******s.
Aangesien hierdie ‘n publieke platform is, sal die Skema net kortliks die kernaspekte van die oponthoud aanraak.
Die groot rekeninge hier ter sprake is van een van die Professore wat Mnr Pretorius behandel het (“Prof X”), ‘n mediese spesialis (“Dr Y”) en die hospitaal. Vyf vlakke van sorg is tot dusver aan die Skema voorgelê. Die rekeninge wat deur Prof X en Dr Y ingedien is, het nie met die hospitaal se kliniese rekords ooreengestem nie. Die hospitaalrekening is voorts ook al ‘n paar keer gewysig. Waarom?
By verdere navraag het dit geblyk dat Prof X sy vlak van sorg aan die lid retrospektief verander het. Genesis het gevolglik Prof X se rekeninge geoudit en bevind dat dit steeds nie in ooreenstemming was met die kliniese notas was wat aan die Skema voorgelê was nie.
Die Skema is huidiglik in ‘n dispuut met die diensvers******s aangaande hul rekeninge en ons wag op verdere inligting alvorens enige van hul eise betaal gaan word. Alhoewel ons begrip het vir die feit dat die diensvers******s aan julle sit om hul rekeninge te betaal, wil ons julle verseker dat ons ten volle in beheer van die aangeleentheid is. Moenie toelaat dat enige van die diensvers******s julle dreig of intimideer nie. Inteendeel, ons moedig julle aan om hulle direk na ons te verwys.
As ‘n mediese skema het ons ‘n verantwoordelikheid om eties en billik teenoor alle lede en diesnvers******s op te tree. Indien ons rede het om sekere eise en / of praktyke in twyfel te trek, is dit ons verantwoordelikheid om in die beste belang van al ons lede op te tree en die nodige vrae te vra en ondersoek te doen, aangesien die fondse van ‘n skema gesamentlik aan alle lede behoort.
Die Skema se personeel wat in gereelde ****ak met jou is, sal jou ook weer s***el en aan jou die nodige gerusstelling gee dat ons wel in beheer van hierdie situasie en eise is.
Groete
GENESIS MEDIESE SKEMA