1 reviews | Active since Mar 2019
Probleem met lidmaatskap wat beeindig is sonder kennisgewing
Ek het nog altyd baie goeie diens gekry, maar, nou het ek 'n probleem. Ek plaas 'n afskrif van 'n brief wat ek aandie Burger geskryf het: 6 Maart 2019 My man is oorlede op 24 Januarie. Hy was ‘n pensioenaris van die Regeringsdiens Pensioenfonds sedert sy aftrede in 1995. Ons het ook sedert 2006 aan GEMS die mediese fonds waaraan baie Staatsamptenare en ook baie pensioenarisse behoort. Ek het onmiddellik al die belanghebbende instansies in kennis gestel. Ek het vermoed dat my gedeelte van sy pensioen nie onmiddellik uitbetaal sal word nie. My verrassing was toe ek ‘n staat van GEMS ontvang. Dit was gerig aan die boedel van JM Theron en by al die eise teenoor my naam staan daar ‘Resigned’. Op navraag sal ek uitvind dat GEMS ten tye van die hooflid se afsterwe, al die afhanklikes se lidmaatskap beindig. Dit was vir my ‘n totale verrassing. Na vele navrae stel ek vas ek kan wel my lidmaatskap laat herinstel. Ek moet van vooraf aansluit en daar is geen haastigheid van die Fonds se kant af nie. Ek is op chroniese medikasie wat feitlik uitgeput is. Enige een wat kennis dra daarvan sal weet dat mens nie anti-depressante sommer net kan staak nie. Ek was dus verplig om dit uit my skamele inkomste aan te koop.Ek doen kortkort navraag maar word van bakboord na stuurboord gestuur en in die proses word ek dikwels afgesny. Uiteindelik het ek aan hulle ‘n ultimatum gestel. As ek nie voor die einde van die dag (4 Januarie)’n mediesefondsnommer van hulle ontvang nie, sal ek dit aan die koerant en ook ombudsman rapporteer. Sommer gou-gou kry ek ‘n brief van verskoning en ‘n versoek om hulle 48 uitstel te gee. Die 48 uur is nou ook verby. Ek is steeds sonder inkomste (behalwe my eie skamele annuteit van R 3000) en ook sonder ‘n mediese dekking. Ek is raadop.
Lidia Theron 73 Huis Aristea 5 Queenstraat Durbanville Sel ********** 225
Thank you for the opportunity to respond. We are looking into this matter and will provide feedback as soon as possible.
Kind regards
The GEMS online team
Thank you for the opportunity to respond. We are looking into this matter and will provide feedback as soon as possible.
Kind regards
The GEMS online team
