WJ
Willie J

1 reviews | Active since Mar 2022

04 May 2024, 20:00

Nuwe lidmaatskap afgekeur

Goeiedag

Onderstaande e-posse verwys.

Op 6 Maart het ek die dokumente wat aangevra is, gestuur. Niks weer van GEMS gehoor nie. Ek het op 5 April 16:55 vir GEMS ge****ak en het hulle vir my gesê die dokumente is daar.

Verlede week het ek 'n SMS ontvang wat vra dat ek my dokter moet nomineer. Ek het dit gedoen en het op 27 April bevestiging ontvang dat dit gedoen is.

Vandag, 3 Mei, het ek al die pad van Senekal na Welkom gery om self by die instapsentrum uit te vind wat aangaan.

Die dame, Susan van Zyl, het my toe laat weet dat GEMS my aansoek gister, 2 Mei, gekanselleer het.

Om watter rede???????

Ek sukkel nou al hoe lank net om aansoek te doen. Hoe lank moet ek nou nog wag? Watter swak indruk skep dit vir nuwe lede? Ek het nog altyd net goeie goed van GEMS gehoor, maar dis regtig baie swak diens, veral vir 'n nuwe voornemende lid.

Ek hoop hierdie aangeleentheid sal onmiddellik aandag geniet.

Die uwe

0
Replies (0)