NP
Naldi P

1 reviews | Active since Mar 2022

02 Mar 2022, 14:23

Gems als behalwe behulpsaam

Ek probeer nou al vir 3 weke 'n antwoord uit Gems kry of ten minste 'n verduideliking. Ek het eposse gestuur aan *** en aan *** en selfs tot aan Medscheme wat die administrateurs is van Gems. Ek het ñ sekere bedrag vir dag tot dag voordele. En dan 'n sekere bedrag vir patologie. Ek het nog net 2 dokters besoeke gehad die jaar en was toe opgeneem in die hospitaal. Skielik toe is daar omtrent niks meer fondse oor vir my dag tot dag voordele nie. Eers het ek gedink dat hulle die dokter besoeke wat in die hospitaal plaasgevind van die dag tot dag voordele afgetrek het wat verkeerd sou wees want die Emerald opsie waarop ons is word dit gedek onder die hospitaal voordele. So het een epos na die ander gevolg. Ek het ñ operasie gehad met komplikasies en toe longontsteking ook gekry. Ek is baie kort asem en kan nie foon gesprekke voer nie. Ek kon wel 'n antwoord kry dat hulle het R2428.50 van my dag tot dag voordele afgetrek vir die patoloë. En elke keer wat ek hulle terug epos en vra asb. hou op om die brief aan te stuur waarop hulle dit geskryf het en sit dit asb vir my uit een hoe hulle patoloë van my dag tot dag kon aftrek as daar 'n sekere voordeel voor was hoe meer stuur hulle net eenvoudig die brief aan en reageer nie op vrae nie. Die patoloog vir daai dag het niks behalwe bloed getrek nie so ek verstaan nie dat dit van my dag tot dag afgekom het nie. Indien my voordele vir patoloë uitgeput is dan bly dit die pasiënt se verantwoordelikheid om die verskil in te betaal. Ek het selfs probeer bel en daar was gesê dat hulle sal terug s***el en tot vandag toe nog geen oproep nie. As jy durf een paaiement nie betaal nie kan hulle jou vinnig s***el maar sodra jy as lid 'n probleem het en 'n verduideliking soek dan word jy hanteer en afgejak soos 'n stout kind. Ek sal nie Gems aanbeveel nie!

0
Replies (0)