1 reviews | Active since Nov 2022
Swakste diens ooit.
Swakste diens ooit. Mens word net eenvoudig nie gehelp nie, jy kan maar bel, jy kan maar whatsapp stuur, jy kan maar e-pos stuur, jy praat met 'n klip. Niemand kan help nie, wag blykbaar vir 'n antwoord van hulle fabriek. Ek wonder of hulle 'n fabriek het? Ek het beddegoed bestel in April 2023, vir my Verjaarsdag in Mei 2023, ons is al by Julie 2023 en het nog niks ontvang nie, nie eens 'n antwoord nie. As jy iemand kry wat met jou praat, dan vertel hulle jou, hulle werk net daar, maar kan jou nie antwoord oor waar jou produk is, of wanneer jy dit kan ontvang nie. Ek sal nooit ooit weer, hulle aanbeveel of by hulle enigsins iets koop nie. Die geld is wel dadelik aan hulle oorbetaal. Swak, swakker, swakste diens ooit.
