AV
Adri V

1 reviews | Active since Feb 2020

05 Mar 2020, 16:06

Swak diens!

Ek het produkte by Geite gekoop en betaal, 20 Sep 2019. Ek het aangekoop om te verkoop by ons plaaslike mark en op facebook in die area. 14 Nov 2019 opgevolg om uit te vind wanneer kry ek my goed, hul gese hul sal terugkom na my toe. Nie terugvoer gekry nie. 10 Jan 2020 het ek weer opgevolg en versoek dat my geld terug betaal word waarop Belinda vir Ann versoek het om my geld terug te betaal. Ek het bewys van bank rekening gestuur.

Toe ek opvolg 29 Jan 2020 toe word vir my gese my produkte is oppad. Ek het vir hul gese ek soek nie die produkte nie en het versoek om my geld terug te ontvang. Intussen het hul dit gestuur maar ek het die kourier maatskappy gevra om dit terug te stuur. Toe ek weereens opvolg, 7 Feb 2020 het die eienaar, Leonie my 'n email gestuur om te vra hoekom ek nie die produkte soek nie dit is spesiaal vir my gemaak. Ek het terug gestuur, na 4 maande wat ek bestel en betaal het - het hul eers begin met my bestelling toe ek my geld terug gevra het. En dat ek nie verder aangaan met die besigheid nie. Word daar vir my gese dit is nie haar skuld dat ek nie aangaan met die besigheid nie en wanneer kan hul vir my die produkte stuur. Ek het gese ek soek nie die produkte nie en gaan Ombudsman ****ak. Wel ek het hul ge****ak en 'n klag gele. Hulle het die swakste kliente diens en sal hul nie aanbeveel nie. Uiters swak!

0
Replies (1)
Geite & Goeters
Geite & Goeters's reply05 Mar 2020, 20:35
Official
Hi Adri, jy het wel jou items gekry. Dit was laat & verskoning daaroor. Jy verkoop die besigheid & ongelukkig kan ons nie verantwoordelikheid daarvoor neem nie. Jou items staan by on dalk kan ons 'n ander plan maak daar is niks fout met die kwaliteit nie. ****ak my gerus en ons maak 'n plan!