1 reviews | Active since Sept 2020
Geite & Goeters
<div>Geagte Geite en Goeters,
Baie dankie vir my pakkie wat ek vandag ontvang het, MAAR:
NIKS is gedruk soos ek per e-pos aangevra het nie, het julle e-posse verdwyn, julle systems gecrash of het julle eintlik my bestelling in file 13 gegooi, en toe ek eers begin dryg met hofsake toe wil almal wakker skrik...
Ek is onsettend teleurgesteld, in 'n maatskappy wat eintlik die hele Suid Afrika aan hulle voete het met idees en produkte.
Bietjie raad van iemand wat OOK 'n baie GROOT besigheid het en beman, mens lewer vir elke klient jou BESTE!!!
Ja die geld is lekker as mens se besigheid groei, maar hand aan hand met die inkomste moet kwaliteit ook wees, dalk moet julle begin her evalueer wat presies julle naam eintlik in die industrie beteken, dalk terug keer na wat julle diens was 3 jaar terug as wat dit nou is, want tans stink dit!!!
Ek moes ook eintlik eers my huiswerk gaan doen het want dan sou ek in die 1ste plek NIE van julle gebruik gemaak het nie, julle naam in die industrie, op facebook, hello peter laat veel te wense en eerlik ek is ongelukkig ook nie iemand wat julle naam sal kan lof en prys nie, my ou klein bestellinkie wat dalk nie 'n arm en been gekos het nie, sal ongelukkig ook op die facebook groep review geite en goeters maar sy stempel gaan maak.
Hou dalk liewers by een of twee produkte, of eintlik.... gee net idees!!!! en maak dit die BESTE!!! want op die stadium is julle soos die spreekwoord in engels sê:"Jack of all trades, master of none".
Geniet julle vrydag, ek seën waarlik julle besigheid in oorvloed in GOD se hand.
Groete
Marianka</div>
