1 reviews | Active since Apr 2019
Passop vir Geite & Goeters
Ek is uiters teleurgesteld met Geite & Goeters. Hulle adverteer op Facebook die aller mooiste goed. Ek het 'n bestelling geplaas die 19nde Junie. Eers gesukkel om 'n antwoord te kry, siende dat daar niks informasie i.v.m. die aflewering was nie. (Het boodskappe gelos op Facebook, sowel as na die e-pos wat beskikbaar gemaak is.) Na seker 3 dae het hulle uiteindelik geantwoord. Hul het eers gesê die produk gaan 21-30 dae neem om af gelewer te word. Toe word daar gesê die goedere wat ek op hul online shop bestel het bestaan nie meer nie? Hul het my 'n terug betaling belowe (nadat ek die bewys van betaling gestuur het wat nie voldoende was nie. Daarna moes ek my persoonlike bankstaat ook stuur?). Ek wag steeds vir my terug betaling. Geen antwoord op my e-pos of Facebook messenger nie.
Dankie vir jou terugvoer. Jy het iets Bestel wat nie bestaan nie. Voor op die produk het daar ook gestaan sample wat voorbeeld beteken. Dit was ook n produk wat nog nooit op ons Facebook of instagram geadverteer is nie. Nietemin ons het bietjie besig geraak maar betaal jou gelde terug.