1 reviews | Active since Nov 2017
Swak Diens, nee eintlik GEEN diens
Maandag 28/12/2019 koop ons 'n KIC 170l yskas by Game Worcester. Eers is daar niemand om ons te help nie, behalwe 'n dame wat met 'n telefoon oproep besig is en 'n man wat agter die lessenaar sit. Ons vra toe uit oor 'n yskas se hoogte en die dame sê ewe nongalant die prys staan op die yskas (GELUKKIG vir haar het my man dit nie gehoor nie), die persoon wat toe op die stoel sit gee toe vir my man 'n maatband om self die yskas te meet (hy help nie). Die regte verkoopsman (goed bekend aan al ons Worcesteriete) daag op, gaan sak op sy stoel neer en sê daar is niks voorraad van wat ons soek nie, maar dat 30/01/2019 een vir ons sal hê aangesien hy pas voor ons opgedaag het 'n bestelling vir 3 yskaste by hul warehouse ingesit het. Met twyfel in my hart betaal ons die yskas (intussen toe ons wegstap vra my man vir die drie persone wat nog steeds rondom die lessenaar staan en sit of daar enige mikrogolfoondjies op promosie is, nie een van hulle het opgestaan om hom te wys nie en ek kon nie hoor dat een van die drie eens die moeite gedoen het om hom te antwoord nie - in sulke gevalle dan wonder ek of die persoon "genoeg" verdien in 'n maand sodat hy/sy nie nog bietjie wil werk vir ekstra kommissie nie). Die twyfel het ontstaan nadat my werks kollega 'n yskas gekoop het, 'n stukkend yskas by haar afgelewer is en na 5 dae sy steeds nie 'n regte werkende yskas gekry het nie. Vandag 30/01/2019 bel ek Game, na 'n lang gelui besluit iemand darem om die telefoon op te tel. Die verkoopsman bevestig dat daar nie yskaste gekom het nie en dat dit Vrydag of Maandag sal kom. Verder verduidelik hy dat die probleem by hul warehouse is en dat hy moeg is om met die bestuur en area bestuur te praat oor voorraad wat nie kom nie. Wel swak diens, net so swak soos die diens wat ek met Game online ontvang het. 8 Desember 2018 koop ons 'n stoel, die stoel word nooit afgelewer nie. Na 3 of 4 vers****ende oproepe na die customer service kry ek elke keer net 'n belofte dat hulle sal terug bel. Op 4 Januarie 2019 daag die stoel uiteindelik op, MAAR dit word by vreemde mense afgelwer. So is ek net dankbaar dat die persoon eerlik was en die stoel die aand vir ons na ons huis gebring het. SWAK SWAK SWAK. Game het baie goeie aanbiedinge, maar vreeslike swak diens met personeel wat nie weet hoe om kliente te hanteer nie. Nou onthou ek ook die geval waar my vriendin 'n Smart TV wou gaan koop, en so staan daar ook drie van die personeel van Game en ginnegaap by die rekenaar dat sy later vir hulle sê dit lyk nie of julle lus is om te werk nie, aangesien niemand vra of hulle haar kan help nie. Nou wonder ek hoekom vesondig ek my siel om nog Game toe te gaan?
Thank you for taking my call.
With regards to our telephonic conversation, please know that I will be sorting out the matter for you.
I will get back to you and will address the matter with the store.
Kind Regards Suhayfa Gabriels Game Online Support: Tel: ***Customer Service Contact Centre: Tel: 0861 GAME CARE (***73)Game Sure Extended Warranty Enquiries: Tel: ***/ *** www.game.co.za
Thank you for taking my call.
With regards to our telephonic conversation, please know that I will be sorting out the matter for you.
I will get back to you and will address the matter with the store.
Kind Regards Suhayfa Gabriels Game Online Support: Tel: ***Customer Service Contact Centre: Tel: 0861 GAME CARE (***73)Game Sure Extended Warranty Enquiries: Tel: ***/ *** www.game.co.za
