jT
jorika T

1 reviews | Active since Apr 2018

26 Dec 2018, 09:59

SWAK DIENS GAME

Te danke aan Game was Kersfees minder prettig.

Iemand het dit goed gedink om homself 'n Kersbonus van R3888.00 toe te dien op my rekening. 'Cash Advance'. so bel ek vir Game die 10 Desember nadat ek my rekening staat gekry het en toe ek geen tergvoering kry nie bel ek hulle weer die 13de Desember. Kan glo nie vir my se waar of hoe die geld geneem is nie. soos per instruksie van ene Nele stuur ek toe 'n affidavit met my ID met 'n afskrif van my Game Card en 3 handtekeninge vir hulle deur.

Op 18 Desember kry ek 'n epos waarin ek weer gevra word vir die nodige inligting wat alreeds die 13de Desember aan hulle voorsien is. - Sedert daardie dag nog nie 'n woord nie jy word net gese as jy inligting benodig moet jy in bel. Hoekom? hoekom moet ek elke keer inbel om te hoor wat gaande is. Ek gaan toe Vrydag 21 Desember na Game in Somerset Wes om te gaan hoor wat aangaan want ek wil my dogter se Kers geskenk graag koop.

Haai raak daar is nog nooit iets gedoen aan die saak nie. na 'n uur se wag waarop die dame in die winkel iemand moes bel om te hoor wat aangaan. en die dame weer iemand moes bel om te hoor wat aangaan, moes ek hoor dat daar sedert 13 Desember nog nie eens aandag gegee is aan die dokumentasie wat ek ingedien het nie. Hulle moes eers gaan om dit te soek. ek kon gelukkig die nodige bewyse toon dat ek dit al sedert 13 Desember al 'n hele paar keer gestuur het. Ek het dit sommer terwyl ek in die winkel gestaan het ook weer aan gestuur net om seker te maak .

Wel ek is darem ingelig dat die geld online getrek is. Ek het in my lewe nog nie by game online gekoop nie. nie eens geweet jy kan geld by hulle trek nie. Nou wil ek weet in watter rekening is daardie geld betaal maar tot op hede is my daar nog nie antwoord op my navraag nie.

Wat my wel buite myself gemaak het is die feit dat die persone jou laat voel het dat jy jok. REGTIG dit was een te veel vir my ek het dit verloor in die winkel.

Ek eis dat Game my antwoorde begin gee ek spandeer wragtag nie een sent aan oproepe en of petrol agter hulle aan nie.

Ek gaan ook nie betaal vir 'n nuwe kaart nie want my kaart was nie waar die fout gekom het nie. Enige persoon in daardie winkel het 'n afskrif van jou ID nommer en jou Kaart nommer omrede dit op die slippies geskryf word. Enige een in Game kan dus 'n online rekening oop maak met jou besonderhede.

Ek wil weet waar die geld in betaal is ek glo te miste kan iemand by Game dit darem op ****r

0
Replies (1)
Game
Game's reply27 Dec 2018, 11:04
Official
  Good Day  I acknowledge receipt of your enquiry with *** and referred the matter to the RCS accounts management, who will be in contact with you to assist in this matter. For further assistance you may contact the RCS accounts department on ***or email *** Thanks  Regards
 
Group Customer Service Advisor
MASSDISCOUNTERS, t/a Game and DionWired 
Tel: ***73 E-mail: ***  

Best regards,