1 reviews | Active since Apr 2013
SWAK DIENS
So ongelukkig met Game Key West. Ek het 10 Julie my stofsuier ingegee vir regmaak. Niks van hulle gehoor nie. Begin Augustus het ek navrae gaan doen. Hulle het gesukkel om hom in die hande te kry. Ewe skielik stuur hulle n quote vir R900 vir my. Ek het gese los maar ek sal n nuwe een eerder koop. Gister kom ek daar om die stofsuier op te tel toe is dit net die helfte van my masjien. Stry dood en lewe dat ek hom so ingegee het. Vandag staan ek 2 ure by hulle om dit uit te sorteer. Hulle besluit hulle sal vir my die onderste gedeelte wat weg is gee. Ewe skielik is my pyp wat aan hom was weg. Ek vra hulle moet kyk op die kamera die dag toe ek dit ingebring het, sorry geen kameras. Ek kry die masjien raai wat iemand anders sin nie myne nie. Kyk die serial nommer nie myne nie. So my masjien is weg het nogsteeds niks. Die Bestuurder van Game wil toe vir my n masjien gee maar nie een wat reg is nie. n Stukkende 1 wat ek moet laat diens. So ek het hom daar gelos en gese nee dankie ek soek my eie masjien. Watse patetiese diens. Sal nooit weer iets daar ingee nie.
