WB
Wikus B

1 reviews | Active since Mar 2020

05 Jan 2023, 15:40

Slordige winkel rakke en misinformasie

Oplyn aankope is 'n mors van tyd! Wag nou nog nes verjaar wanneer die produk weer beskikbaar gaan wees . Info op toep/web nie in sinkronisasie met winkel info nie. Ek moes 11km ry om nie die spesiale aanbod ( Nokia G20) te mis nie 😠, net om uit te vind die winkel web aanbod verskil en die onbekwame personeel is nie ingelig is nie. Ek't die foon toe by Makro gaan koop. Die winkel rakke was onnet en deurmekaar en soos gewoonlik nie korrek gemerk nie. Die personeel is oor die algemeen onvriendelik en disrespekvol en ook onbekwaam teenoor senior burgers en Afrikaans sprekendes. Die personeel het definitief klante sorg opleiding nodig. . Terugvoer in Afrikaans asb.

0
Replies (1)
Game
Game's reply18 Sept 2026, 16:13
Official
Goeie dag Wikus,

Ons volg op rakende u klagte om te bevestig of die saak intussen opgelos is.

Ons het probeer om u telefonies te ****ak, maar was ongelukkig onsuksesvol.

Vriendelik versoek ons dat u ons laat weet of u klagte intussen hanteer en opgelos is, of dat u steeds bystand van ons kant benodig. Ons waardeer u terugvoer om te verseker dat die saak behoorlik aangespreek is.

Vriendelike groete,
Game Hellopeter Span