1 reviews | Active since Jun 2014
Bosch Skottelgoedwasser Verkeerd Adverteer
Ek het op 5/09/2017 'n Bosch A+++ skottelgoedwasser by game Upington gekoop...hulle was tans uit stock uit so hulle sou my ****ak as hulle inkry. Ek is dus Maandag 18/09/2017 ge****ak om dit te gaan oplaai. Ek bly 300km van Upington in die kalahari op 'n plaas & kon dus Woensdag 20/09/2017 iemand kry om dit te gaan optel. Toe ek die skottelgoedwasser ontvang toe sien ek dis 'n A+ engery rating & nie 'n A+++ soos ek gekoop het of soos geadverteer is deur game nie...ek ****ak hulle toe dadelik & hulle lig my in hulle is bewis van die fout & dat dit iewers 'n adverteer fout was by game...!! My punt is dus....ek het 'n A+++ engery rating Bosch skottelgoedwasser gekoop juis omdat ek op 'n plaas bly & die ligste moontlikste manier soek om krag te gebruik...& so is die skottelgoedwasser ook aan my verkoop as 'n A+++ & nou kry ek'n A+....!! Intussen het ek ook uitgevind dat Bosch glad nie A+++ maak nie & slegs A++....!! Dis uiters swak van Game om goed te adverteer wat nie eers op die mark is nie & nou van my verwag om als net te laat gaan...ek bly 300km buite die dorp & nou moet ek weer onkostes aangaan vir iets wat ek nie wou gehad het of kan gebruik nie om dit terug te besorg...ek sal wel die A++ kan gebruik met my sonkrag...maar A+ is buite die kwessie!! Game kan nie goed adverteer wat hulle nie kan voorsien nie...
