CD
Chantelle D

1 reviews | Active since Aug 2015

08 Jul 2021, 09:56

Baie swak diens

Ek is bitter baie teleurgesteld in Game!! Ons het 2 nuwe fietse vir ons kinders gekoop net voor ons met vakansie gekom het op 26 Junie het ons die fietse gekoop. Ons het 2 July die fietse opgeslaan want wou nie hê die kinders moes dit vuil ry nie, 3de July het ons met vakansie gery. My seun en dogter het kom moan hulle fietse werk nie, my dogter se fiets se voorwiel is voor gebuig en my seuntjie se fiets se ratte is gestrip! Die fietse is nog nie eers 'n week oud nie. Gister lank gesukkel dat game moet optel vir ons slippie want dis by die huis. Die vrou sê hulle almal werk van die huis af so dit gaan lank vat voor iemand ons kan help!! Ons het dit by Stellenbosch Game gekoop. Ons is in Mosselbaai en verwag dat iemand ons help asseblief!! Ons kinders kan nie fiets ry nie, al die maatjies ry fiets en nou het ons kinders nuwe fietse en kan nie ry met dit nie!! Dis mos nie reg nie en die vrou sê hulle moet ingaan vir repair hoe lank gaan dit vat?? As die fietse 6 maande oud was ja okay maar dis nie n week oud nie...

0
Replies (0)