1 reviews | Active since May 2015
BAD SERVICE, SUPER BAD MANAGER SKILLS
Gisteraand (13 May 2015) het ons 'n skottelgoedwasser by Game (Cape Gate) gekoop. Toe ons by ons bakkie kom om dit in te laai, kom ons agter dat hulle vir ons die verkeerde skottelgoedwasser gegee het. Op daardie stadium was dit 7:05. Na 'n hele storie met die bestuurder (Henning) wat nie weet wat hy daar doen nie, bied hulle toe aan dat hulle die regte skottelgoedwasser vir ons die volgende dag by ons huis sal kom aflaai. Dit nadat ons vir hulle gevra het om 100% seker te maak dat hulle wel dit wat ons wil he in voorraad het. Vandag kry ons 'n oproep van hulle dat hulle nie dit wat ons gekoop het in voorraad het nie!!! Dit nadat hulle erken het dat hulle die verkeerde promosie prys op die verkeerde skottelgoedwasser gesit het. Nou sal ons sien of ons ons geld kan terugkry. Ons sal nie weer ons voete in 'n GAME sit nie!!! Hulle is oneerlike, agterbakse *****s. En die \bestuurder"Henning"
Ons erken ontvangs van u klagte met verwysingsnommer *** en vra omverskoning vir u ongerief in hierdie aangeleentheid.
Die aangeleentheid sal ondersoek word deur Bestuur waarna u ge****ak sal word om die aangeleentheid te bespreek.
Groete.
Rina Taute
Group Customer Service Advisor
***
Tel: ***73
Ons erken ontvangs van u klagte met verwysingsnommer *** en vra omverskoning vir u ongerief in hierdie aangeleentheid.
Die aangeleentheid sal ondersoek word deur Bestuur waarna u ge****ak sal word om die aangeleentheid te bespreek.
Groete.
Rina Taute
Group Customer Service Advisor
***
Tel: ***73
