1 reviews | Active since Sept 2021
Bad Service
Die 10 de Junie 2021 het ek 'n Defy 4 plaat stoof gekoop en 2 maande later het die glas van die oonddeur gebars terwyl ek brood gebak het. Ek is toe die 19 Augustus 2021 terug na Game op Jeffreysbaai waar hulle vir my in kennis gestel het dat hulle die fout by Defy sal "log" en dat Defy my dan sal ****ak om die saak verder te vat. Ek is toe weer die 28ste Augustus terug na Game omdat ek nog niks van Defy gehoor het nie en het hulle my ****ak besonderhede gevat sodat hulle my die Maandag 30 Augustus kan ****ak nadat hulle opgevolg het met Defy. Die 7de September het my dogter vir Game ge****ak omdat hulle nie terug gekom het na my nie en het hulle gesê hulle sal die verantwoordelike persoon vra om my te ****ak wanneer hy weer by die winkel is. Dit is vandag die 10de September en het nog geen terugvoer van Game of Defy gekry nie.
