PF
Petrus F

1 reviews | Active since May 2018

10 May 2018, 21:23

Skade op skade, bly weg!!!

Ek het my Hyundai die môre van die 12/02/2018 na Future Centre geneem sodat hulle ń klein duikie op my kattebak moes herstel. Hulle het gesê dat my voertuig die Woensdag sal klaar wees, maar toe ek daar aankom die dag toe is hy nog nie klaar nie. Ontsteld sien ek toe my motor daar staan met al die vensters oop en die wit stof orals binne lê in my voertuig. Donderdag 15/02/2018 s***el hulle my en sê my motor is klaar. Met my aankoms daar het ek dadelik gesien dat die kattebak baie swak herstel is en ek was glad nie tevrede nie. Hulle sê toe ek moet my motor die Maandag 19/02/2018 terug neem sodat hulle hom ordentlik kan herstel. Woensdag met die aankoms daar om my motor te kry is hulle nog besig om hom te was en ek gaan nader om te kyk en sien toe dat die kattebak se slot nie reg is nie en dat die Hyundai kenteken ook beskadig is. Ek het dit toe vir die paneelklopper voorman uitgewys, hul het toe die slot uitgehaal en hyt gesê ek moet die volgende dag saam hom na die Locksmith toe gaan om die slot te herstel. Ons is die volgende dag na Panda Locksmith en terwyl ek daar wag hoor ek toevallig dat Future Centre die slot al die vorige dag die slot al daar gehad het, maar toe weer weg is sonder om die slot te herstel het en hom net so foutief terug geplaas het in my kattebak. Die slot is toe in my teenwoordigheid herstel en terug gesit. Hulle het ook ń nuwe kenteken bestel van Hyundai en gesê hulle sal my ****ak sodra hulle dit kry en dan sal hulle hom vir my vervang. Op die 28/03/2018 gaan maak ek by hulle ń draai om uit te vind of het die kenteken dan nou nog nie gekom nie, waarop die antwoord nee was! Ek besluit toe om dan nou maar sommer my voertuig daar te was, waar ń nie blanke man my nader en sê dat daar swart teer spatsels op my motor is maar dat hy dit vir my sal af was met ń vloeistof wat hy het wat dit kan afkry! Terwyl die dame wat die voertuig binne skoon maak besig is stap ek nader en en sien dat sy die "dash" skoon maak en die hele boonste laag van die "dash" is besig om af te kom. Ek het die eienaar se vrou laat roep en haar gewys, syt foto's geneem en gesê haar man sal my ****ak, wat hy nie gedoen het nie! Met baie moeite het ek die man te siene gekry waarop hy net eenvoudig sy skouers opgetrek het. Die "dash" moes ek toe deur my versekering laat vervang en die kostes was R15 000, en dit vir ń Pensionaris is nie kleingeld nie en dan kry die man nie eers skaam as hy mense so indoen en hulle goed beskadig nie! Dis makliker om mos net jou skouers op te trek, maar die wiel draai ou boet!!

0
Replies (0)