1 reviews | Active since Jan 2017
Telleurstellende/ SWAK DIENS

Goeie dag.

Ek wil graag my ondervinding by Full House Worcester met u deel.

Ek het einde Desember begin rondkyk vir n nuwe sitkamer stel. Ek het toe by FH Worcester die perfekte bank gesien en my hart verloor. Die verkoops konsultant was baie behulpsaam en vriendelik. Ek wou egter eers bietjie dink voordat ek die besluit maak om te koop. Ek het haar kaartjie geneem omdat ek weer wou terug gaan na haar.

Ek is toe weer die 6de januarie terug FH toe. Augistia was weer daar steeds vriendelik en behulpsaam. My bank was egter nie meer in die winkel, maar sy verseker my toe dat daar 1 by hoofkantoor is wat hul dieselfde dag kan gaan haal en dan sommer ook aflewer dieselfde dag al dan nie die saterdag. Ek was baie in my skik en het voortgegaan met die ****ANT koop.

Ek maak vroeg saterdag n draai en sy se toe hul sal my bel wanneer dit afgelewer word.

So gee ek toe my ou stel vir iemand wat dit nodig het en maak plek vir my nuwe stel.

Rondom 11uur s***el sy en se dit gaan moontlik nie saterdag afgelewer word nie maar die maandag wel. Die trokkie is glo eers Tulbagh toe.

Ek vind toe later uit toe ek die manager ****ak dat ek dalk eers woensdag my bank kan kry want dit moet van die fabriek afkom.

Dis vandag my huweliksherdenking en ons het gaste oorgenooi. Noodeloos te se is ek onsteld want my gaste moet op plastiek stoele sit.

Van nature is ek nie n klaerige persoon maar hierdie hele episode was net vir my onaangenaam.

As ek van die begin af ingelig is sou dit nie n probleem gewees het en sou ek bereid wees om te wag.

Ek voel dat sy net die sale wou doen omdat dit ****ant was en nie oor die res omgegee het nie.

Is dit die beeld wat full house wil uitgee na buite?
Is dit reg dat ek as klient so verontrief en te na gekom is?

Ek sal graag terugvoering op hierdie epos wil he en ook weet wat Full House gaan doen om my tevrede te stel