1 reviews | Active since Jan 2014
Freedom for Financial Freedom
Ons almal is geraak deur die Covid -19 inperking verlede jaar en dit is al holrug gery, maar sommige van ons wat nie -essentiele dienste gelewer het nie was baie drasties deur dit geraak in so 'n mate dat besighede toegemaak is, huise verloor is en krediet rekords uiters negatief beinvloed is en dit is waar Charl Coetzee en sy span in my storie inkom. Ek was op die laagste van die laagste plek in my lewe en kon die oproepe en dreigemente net nie meer vat nie, toe ek 'n oproep van Charl ontvang. Hy het my van die begin tot die einde van die proses gehelp en help my nogsteeds. As dit nie vir hom was nie, was alles nogsteeds 'n gemors en ek dalk al of opgesluit of in 'n malhuis:-) Freedom is die mees verstaanbare, empatieke en opregte skuldberadings besighied wat seker bestaan. Hulle is onbeskryflik profesioneel, oordeel nie en laat jou nogsteeds goed voel afgesien van al die finansiele drama. Baie dankie aan julle almal maar in besonder Charl!!
