aA
anelcoetzee A

1 reviews | Active since Apr 2017

29 Sept 2020, 10:54

SWAK NA VERKOOP DIENS

Frank Vos – Worcester ek deel graag ons ervaring met julle: 27/02/2020 – Bevestig aankoop van Powerstar FT 3 met verkoopsman. 28/02/2020 – Voertuig word ten volle betaal. 03/03/2020 – Doen navraag oor wanneer voertuig afgelewer gaan word. 05/03/2020 – Verkoopsman laat weet dat trok 06/03/2020 na die bakbouer geneem word om bak te bou en te spuit. Dit sal ongeveer 14 dae neem. 18/05/2020 – Doen ons navraag oor waar voertuig is en word ons meegedeel dat bakbouer nog toe is tot 1 Junie 2020. 19/06/2020 – Ontvang voertuig met tydelike lisensie. Oorspronklike papierwerk moet nog na verkeer gaan vir uitreik van lisensie & nommerplate. 02/07/2020 – Voertuig moet terug geneem word Kaap toe want spuitwerk trek af en moet oorgedoen word. 23/07/2020 – Doen ons weereens navraag ten opsigte van lisensie & nommerplate. Ons word meegedeel dat daar probleme is by die verkeersdepartement end at ons maar weer `n tydelike permit moet kom optel. 12/08/2020 – Doen ons weer navraag ten opsigte van lisensie en nommerplate. Die verkoopsman lig ons in dat hy nog nie die oorspronklikes ontvang het nie end at hy nie meer in diens van Frank Vos is nie en gee `n ander kollega se naam by wie ons moet navraag doen. 13/08/2020 – Ons word beboet met R 1500.00 omdat tydelike permit verval het. Ons gee boete af by Frank Vos en vra weereens vir `n tydelike permit wat aan ons gegee word. Ons doen ook navraag oor hoe lank dit nog gaan neem om oorspronklikes te kry. Niemand dra eintlik kennis nie en na `n soektog word papierwerk wat al by verkeer ingegee moes gewees het in admin kantoor gevind. 07/09/2020 – moet ons weer `n tydelike permit gaan afhaal wat op 27 September 2020 verval het. Ons word ook deur verkeersdepartement ingelig dat voertuig nie vrag mag dra met `n tydelike permit nie. Tot op hede het ons nog geen terugvoering van enige iemand gekry nie en wag ons nogsteeds vir lisensie en nommerplate. Hoe lank moet ons nog wag?

0
Replies (0)