1 reviews | Active since Dec 2016
UITSTEKENDE DIENS

Vrot dienslewering het die norm geword in Suid-Afrika. Platforms soos hellopeter.com getuig daarvan. Swak kliëtediens is volop. Juis daarom wil ek vandag dankie sê aan Franella Footwear.

Franella Footwear lewer puik kliëntediens ongeag wat sommige van die verslae op hellopeter.com sê. Ek en Petro Botha was saam op hoërskool en ons vandag nog vriende. Sy werk ongelooflik hard om van Franella Footwear 'n sukses te maak. Sy en Frank (haar man) werk tot die vroeë oggendure om bestellings te voltooi. Dit is net die twee van hulle wat skoene ontwerp omdat Suid-Afrikaners te lui is om te werk.

Petro is vroeër vanjaar gediagnoseer met klierkoors en was vir byna 'n maand lank afwesig. Haar dokter het haar belet om te werk, anders sou sy ten spyt haar mediese toestand nog steeds gewerk het. Ek twyfel of diegene wat so kerm op hellopeter.com enigsins begrig en/of meegevoel het met Petro se situasie. Nietemin, Franella Footwear sal nie gaan lê nie.

Terloops, ekself is 'n kliënt van Franella Footwear en ek is gek oor my skoene.