MH
Maggie H

1 reviews | Active since Nov 2014

06 Sept 2017, 12:07

Geen Produk - SWAK DIENS!!!!

Ek het die 6ste Junie 2017 my trou skoene by Franelle Footwear bestel en die selfde dag betaal. Elke keer wat ek vra hoe ver my skoene is het hulle laat weet dat hulle nog nie begin het om my skoene te maak nie. Vandag 3 maande later toe ek weer n email stuur en vra wanneer ek my skoene gaan kry het Petro en Irma my laat weet dat ek dit in Oktober sal ontvang.

Ek het die dag wat ek die skoene bestel het gese ek trou die 1 Oktober en sal dit voor dan nodig he omdat ek nog my rok moet gaan pas met dit. Frank het vir my n email gestuur om te se orders vat 120dae van betaling en daar staan niks op hulle policy en procures nie wat op hulle website is. Ek het vir hom gese dat ek dit op Facebook betsel het en daar was niks vir my gese van dit sal 120dae vat nie.

Ek het vir hom gese ek gaan n review skryf oor hulle diens op Hallo Peter waar hy aan my gese het hy kanseleer my order. Ek het hom laat weet dat ek niks gekanseleer het nie en dat hy dit nou namens my gedoen het. Ek het hom laat weet dat ek my geld terug soek waaraan hy vir my n email gestuur het dat ek niks gaan kry nie aangesien ek n klagte op Hallo Peter gaan sit. en hulle doen my eintlik net n guns.

Ek het nog nie sulke swak dien beleef nie. Op die fatuur staan turnaround time is 2-6 weke

0
Replies (0)