BS
Berno S

1 reviews | Active since Oct 2013

24 Aug 2018, 09:33

Client not helping to sort out problem and transporter deals with loss of income

Dear Hellopeter. Please can you assist with the following company. I have been trying to resolve an issue with them for some time now. The problem is not the first time. The problem is not with 4PL but with one of thier client. The only problem I have is that 4PL said they will follow up and give me feedback about an issue at a place Called Ruto (in Pretoria)

I am awaiting for 4PL's responds but I do not get any reply from them. I also tried to call Ruto itself and they just referred me back to 4PL and said 4PL should discuss with them.

Here is the situation

On Thursday, August 16, 2018, 11:08:53 AM GMT+2, Berno Strubing ********** wrote:

Hi Candy Sien asb aangeheg Maandag se insedent wat ek gehad het met bewyse.

Ek wil graag die probleem verder opneem met Ruto.

Ons was Sondag aand by Ruto gewees om Maandag oggend vroeg af te laai omdat ons ander vragte geboek het vir Maandag. Ek het met my Drywer gereel dat ons Sondag aand by Ruto sal wees, sodat ons eerste kan aflaai Maandag. Ek het reeds dat die trok oorslaap by Ruto Sondag omdat ons bang was dat ander trokke deur die nag sou aan kom by Ruto wat dus die geval was. Ons was Sondag aand omtrent 20:45 by Ruto gewees en het dus in-geboek. (Sien aangeheg tracker rekort)

Ek het ook n oproep gemaak na Ruto toe Sondag om uit te vind hoe laat hulle begin werk Maandag en die antwoord was dus 06:00 die oggend.

Ek moes my eerste vrag kanseleer omodat klient die vrag wat ek geboek het dringend nodig gehad het maar dus kon ek nie aflaai by Ruto nie. Ek het wel n ander vrag geboek vanaf Ruto na Nola RFT. Dit het my gerus gestel omdat ek net n vrag vir maandag wou doen al het ek lank gewag by Ruto om af te laai. Ons sou dus dan na oplaai deur gery het Nola toe om af te laai deur die nag.

Dit kon ook nie uitwerk nie omdat Ruto die hele dag gevat het om my trok af te laai. Ons was dus eerste geboek al van Sondag aand af maar daar was toe beweer dat ons 11de in die ry is wat ek nie verstaan het nie. Ek het dus Ruto 11 keer deur die dag probeer s***el om te doen wat ek kon sodat ek nie my vrag mis nie, maar dit was te vergeefs.(sien aangeheg call history) Teen die tyd wat ons afgelaai het was daar bevestig dat ons net tot 5uur kan laai by Ruto. Ons was dus net na 5 klaar afgelaai en het my vrag vir die dag gemis.

Ek kon nie my vrag doen vir die dag nie maar ek moet my drywer en trok betaal vir die dag. As vervoerder word ons betaal om van Punt A to B n produk teen n tarief te vervoer, dus word daar geen voorsiening gemaak vir die staan tyd nie. Staan tyd sou nie n probleem gewees het indien ek ten minste net my volgende vrag kon laai vir die dag nie. Ek het dit ook probeer tuis bring aan Ruto telefonies dat ek n ander vrag moet laai maandag.

Ek hoop graag dat julle dit sal opneem met Ruto. Ons het kliente nodig sodat ons produk kan vervoer en net so het n klient n trok nodig om hulle produk by hulle uit te kry. Ek glo regtig dat kliente en vervoerder mekaar sal tegemoet moet kom om albei se verstrasies te verstaan. In die geval trek ek as vervoerder aan die kortste ent en wil graag nie die enigste een wees wat boet vir probleme en foute wat gemaak was nie.

Ek het regtig alles probeer van my kant af om net my volgende vrag te kon boek en oplaai Maandag. Ek hoor graag van julle en terugvoer van Ruto oor hoe hulle ons redelik kan te gemoed kom vir my verlies vir die dag.

(P.S Ek het ook n telefoniese gesprek gehad met Frikkie wat ek kan aan stuur oor wat gebeur het maandag indien julle daarvoor vra)

Groete Berno

Please can you assist me regarding this matter

0
Replies (0)