Swak diens
<p>Goeie dag. </p> <p>Ons het in Junie 2015 n nuwe Ford focus gekoop by Park Ford in Vanderbijlpark. Ons het n paar ekstra's by gevat waarvan elektriese vensters een van hulle was, ons was hart en mond belowe deur die verkoopsdame (Manda) om alles te kry, asook die deur panele wat die elektriese vensters kan vat. Sedert Junie laas jaar wag ons nou nog daarvoor en as mens haar gaan sien of bel maak sy net nog lee beloftes. Ek het ook al met die bestuurder gepraat, hy sou opvolg maar daar het ook niks van gekom. Die bord agter in die venster is ook los vandat ons die kar gekry het daar gebeur ook niks. Dis uiters swak diens en gee Ford n swak naam, is dit die diens waarmee mens tevrede moet wees? </p>
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)