MJ
Marina J

1 reviews | Active since Jan 2020

20 Jan 2020, 17:10

Puik Gebruikte Motors

Op 17 Maart 2019 besoek ek Worcester omtrent 300km van ons. By Wynland Auto (Tuiste van Puik Gebruikte Motors) trek nie net die woorde my aandag nie, maar ook 'n Ford Ranger bakkie. Daar is drie name op die kennisgewingsbord aangebring: Gerdi, Jaco en Deon met hul selfoonnommers. Ek s***el Gerdi en noem dat ek belangstel in die Ford Ranger bakkie, aangesien dit Sondag was, het hy my Maandag terugges***el en verduidelik dat Jaco my sal s***el om 'n aansoek telefonies af te neem. Jaco het my ges***el en al die nodige inligting bekom vir aansoek. Die volgende dag het Jaco my ges***el en meegedeel dat my aansoek goedgekeur was. Ek was baie verbaas (ek het 'n aansoek net die vorige week ingedien by 'n handelaar in Mosselbaai wat afgekeur was),maar ook verlig omdat ek die voertuig baie nodig gehad het. Gerdi het my ge****ak en gesê dat hy Woensdag die 20ste Maart 2019 die bakkie op Riversdal sal aflewer. Ek wou egter nie dit so gedoen het nie, aangesien 'n betroubare vriend die Donderdag daar sou verbykom en die voertuig namens is my sou kon besigtig .(ek is 300km vanaf Worcester). Gerdi het toe die bakkie tot op Riversdal gebring (20ste Maart). Dit het die dag gereën en ons moes die dokumente in die bakkie teken. Ek het aangeneem dat die dokumentasie en bakkie in orde was, daar was ook uitgewys by wyse van penmerke waar ek moes teken. Ek het aan die begin van die aansoek vir Gerdi en Jaco daarop gewys dat ek in 1989 laas 'n voertuig op huurkoop gekoop het en dat ek nie vertroud is met die prosedures nie.Op my vraag van wat moet ek doen as daar met die bakkie iets fout gaan, ( soos breek) het Gerdi gesê, bel net vir Jaco. Die manne se diens was goed tot op die stadium. Op Sondag 24 Maart 2019 het ek vertrek Vanrhynsdorp toe met die bakkie. Sowat 20km van die plaas teen 'n bult het daar liggies aangegaan op die instrumentepaneel. Ons het die handleiding gevolg en liggies "reset" maar dit het telkemale aangegaan (as dit gebeur het, het bakkie krag verloor).Die handleiding het net gesê die voertuig moet by ‘n handelaar uitkom. Op 29 Maart 2019 het ek by Wynland Auto (Tuiste van Puik Gebruikte Motors) aangedoen waarop ons die bakkie na Jaffies Ford geneem het en hulle d.m.v. 'n rekenaar bevind het dat die turbo foutief was. Op 10 April 2019 kom haal Wynland Auto die bakkie op Riversdal en vervang die turbo, besorg die bakkie terug op 18 April 2019 weer op Riversdal.Hul wou egter die turbo eis by die waarborg maatskappy, maar ek wou nie die goedkeuring gee nie (ek het bakkie immers minder as 'n maand in my besit gehad). Weereens was hulle behulpsaam. Op 1 Julie 2019 is ek oppad vanaf Mosselbaai na Albertinia. Dit het gevoel of die bakkie weer krag verloor en daarna net gerook, ek het dadelik dit afges***el en tot stilstand gebring. Daar het egter geen waarskuwingstekens op die instrumentepaneel verskyn nie. Aangesien die bakkie 'n waarborg het, en ‘n Ford is, het ek goedgedink om die bakkie na Imperial Ford te George te laat vervoer teen my koste natuurlik, asook vervoer vir my huistoe. Op 3 Julie 2019 s***el Ford te George my en sê die skade is R 108 000.00, maar dat die waarborg slegs R 8000.00 betaal. Die diagnose weereens deur ‘n rekenaar is "overfueling”, “piston “ nr 1 is gekraak en "injector” nr 1 is foutief. Ek kan nie die kwotasie kry nie, aangesien hul vir die waarborgmaatakappy 'n af**** prys beding. Ford te George en Jaco by Wynland Auto was in gesprek, maar kon nie 'n ooreenkoms aangaande betaling beding nie. Volgens die waarborgmaaskappy is dit 'n diens probleem omdat dienste en sekere toetse nie uitgevoer sou gewees het nie, wat die probleem veroorsaak het “overfueling'. Wil net noem dat voertuig nog nie vir diens “due “ was terwyl in my besit nie. Op die ver**** van Imperial Ford sowel as die waarborgmaatskappy beveel hul 'n t****e opinie aan natuurlik weereens op my koste. Tussen 4 en 17 Julie 2019 is verskeie oproepe gemaak tussen myself, Ford te George en Wynland Auto. Intussen gaan daar elke maand 'n debietorder en versekering af vir voertuig wat ek glad nie kan gebruik nie. Op 18 Julie wou ek by Jaco weet wat hul gaan doen. Sy antwoord was dat hul nie die voertuig gaan herstel nie. Ek het hom gevra van die verbruikerswet aangaande die 6 maande waarborg asook die ombusman ,waarop hy gesê het: ek kan maar die roete volg hy ken die klas van ding. Ek het nie geweet wat om te doen nie so ek het op 19 Julie 2019 die bakkie verwyder vanaf George (weereens my koste) en dit op die plaas laat staan om sodoende stoorkoste te spaar. 22 Julie 2019 s***el ek Mnr Ehrich Kruger van MFC bemarking wat my leningaansoek hanteer het. Ek het alles aan hom verduidelik waarop hy nie regtig wou reageer het nie. Ek het ook vir hom gesê dat ek die bakkie gaan aflaai by Wynland Auto (Tuiste van Puik Gebruikte Motors)se perseel en my aftrekorder sal stop. Hy sê toe dat hy die bakkie sal verkoop as ‘n "non-runner" en ek vir die uitstaande balans verantwoordelik sal wees. Op 29 Julie gaan spreek ek 'n regsverteenwoordiger om nog opsies te oorweeg. Weerens kos dit my geld. Ek besluit toe maar om die 2de opinie opsie te volg miskien is die skade nie so groot nie. Ek verkoop 'n stoor wat ek op die plaas wou opsit, koop 'n polis af en van my beeste. Op 11 September 2019 neem ek die bakkie na Mon Desir Motors te Albertinia. By die uitmekaar haal van die enjin vind hul dat "piston nr 1" 'n gat in het en "piston nr 4" gekraak is; "injector 1 en 3" moet vervang word. Op 27 September 2019 besoek ek Deon by Wynland Auto. Hy sê hy kan nie die bakkie herstel nie, want hy het nie die geld nie. Ek verduidelik hom van die regsverteenwoordiger ens. Hy sê toe hy sal my tegemoet kom, maar tot op hede het daar dadels van gekom. Met die soek na parte om die bakkie weer net aan die loop te kry, vind ek by Willem Beukes uit dat hy by Imperial Ford 'n nuwe enjin het vir R 40 000.00. Op 14 November 2019 besoek ek Ford te George om na die enjin te kyk. Ek het o.a. met Willem, Madelein, die waarnemende werkswinkelbestuurder en Zelda gepraat.Ek het vir hul verduidelik dat hul 'n 2de opinie voorgestel het en dat die bakkie se enjin klaar uitgehaal is. As hul die nuwe enjin insit sal ek 1 jaar of 20 000km waarborg kry, andersins sal dit 6 maande of 10 000km wees. Ek het vir 'n kwotasie gevra en op 18 November 2019 kry ek ‘n kwotasie van R 66 844.56. Op 20 November 2019 laat ek die bakkie aflewer by Ford te George weer op my koste, met alle onderdele behalwe "4 pistons en 4 injectors". Op 25 en 27 November 2019 s***el Isak de Lange van Ford George my en sê van die parte wat weg was is deur hul gevind en die oorspronklike kwotasie nie meer geldig is nie en is nou na R 126 350.24 aangepas.Ek het egter die eerste kwotasie aanvaar so hul moet mos by hul ooreenkoms bly? Mnr Grobler sê hy werk nie aan voertuie wat deur 'n ander persoon as hulself 'gestrip" is nie, alhoewel dit 'n Ford maatskappy is en dit ‘n Ford voertuig is nie.Hul het my aanbeveel om nog 'n opinie te verkry.Die” Puik Gebruikte Voertuig” kos my vanaf 1 Julie 2019 tot op hede R42000.00 net aan versekering en paaiemente buiten die ander uitgawes. Ek sal graag wil weet waarheen, na wie toe en wat moet ek nog doen om verlos te word van dié nagmerrie?Ek pluk nie my geld van ‘n boom hier op die plaas nie,hier moet ek hard werk daarvoor. Wie sal hiermee tevrede wees.

Nadat ek probleme met die voertuig begin ondervind het,het ek gevind dat my plaasverband van R100000.00 per jaar nie ingereken is op my lening aansoek nie. ‘N foutiewe werksnommer en ‘n naasbestaande wat ek glad nie ken nie en sel nommer nie eers bestaan nie daarop veskyn. Nou wil ek graag weet. Was ek kredietwaardig toe ek die voertuig gekoop het?( na aanleiding van die aansoek wat net die vorige week afgekeur was)

0
Replies (0)