1 reviews | Active since Jan 2017
patetiese diens
<p> </p> <p>Ek is baie ongelukkig met die Ford garage in Potchefstroom se diens. Ek het my Ford Fiesta na hulle gevat omdat daar n water lek was, hulle het gekyk en gese dit is die thermostat housing, dit moet vervang word. hulle het vir my n kwotasie gegee, ek het gese bestel die part en n afspraak gemaak. ek moes vir n week ry met n motor wat water lek, aangesien hulle nie die week herstelwerk doen nie, maar eers vanaf die 16 de Januarie herstelwerk doen? Ek was nie bewus daarvan dat motorhawens nie herstelwerk doen sekere tye van die jaar nie? Ek moes reel dat hulle my motor by my werk kom haal Maandag 16-01-17, hulle het die motor eers halftien kom haal. volgens die kwotasie was dit n uur se werk, ek het twaalfuur ges***el om te hoor hoe ver hulle is waar ek deur Simone Pretorius meegedeel is dat hulle nou net aan die motor begin werk het, het vir haar gese ek soek die motor 2:30 asseblief. Toe ek weer s***el is ek meegedeel die motor is nog nie klaar nie, hulle het nou net aan hom begin werk, nadat ek vroeer om 12 meegedeel is hulle het nou net aan hom begin werk? Het toe gese wel dan moet ek maar by die werk sit tot 4 uur, hulle moet my kom haal, 4 uur toe s***el hulle my om te se die motor is nog nie klaar nie? hulle het my eers 4:15 kom haal, moes by motorhawe wag to 5 uur voor ek my motor kon kry. werktuigkundige my meegedeel dat hy nie n tydkaart gekry het vir my motor nie. Toe ek met Estelle die supervisor praat oor die diens en sy Simone konfronteer toe word ek as leuenaar uitgemaak, volgens Simone het ek nie gese ek soek my motor halfdrie nie? Ek moes ook verlede week die part betaal voor hulle dit bestel? Het nog nooit van so iets gehoor nie. Ek is n profesionele persoon en het my motor ten alle tye nodig, is n Apteker van beroep. op 9 Desember het ek my motor by dieselfde motorhawe gevat vir n major service, remme en vervanging van n waterpyp, toe het ek ook n probleem gehad, my motor moes oornag daar, hulle het dit nie betyds klaar gemaak nie. Ek het al by ander Ford motorhandelaars in Durban my motor gehad en nog nooit sulke swak diens gehad nie. Ek beoog om n nuwe Ford Figo te koop, maar sal deffinitief nie by hierdie motorhawe in Potchefstroom koop nie. Sal ook niemand aanraai om ooit hul motors vir diens of herstelwerk na hierdie motorhawe te neem nie. Toe ek vir die herstelwerk wil betaal volgens die kwotasie wat hulle gegee het, toe wil hul he ek moet meer betaal want hulle het te min kwoteer, belaglik. Ek het geweier. ek dink dit is uiters swak kliente diens by hierdie motorhawe. </p>
