HF
Hester-1 Fourie

1 reviews | Active since Sept 2016

12 May 2017, 11:47

FORD FIGO DIESEL - SWAK FABRIKAAT FORD?

<p>In Sept 2016 kry ek langs die pad dieselpyp probleme. Kry die motor na 3 weke op 'n Vrydag van N1 City Barlow World terug. Saterdag vergas ek amper in die kar. Diesel lek, drup op iets warms en veroorsaak die gas. Intussen werk die bluetooth nie. Hulle stel dit. Dit werk tot op datum nog nie. DIe fan is stukkend, daarom werk aircon nie. Die brandstof meter bly vasteek. Dan op, dan af. Barlow dra kennis, maar doen niks daaraan. Maandag (8ste) brand die computer boks uit. Ek gaan tot volgende week SONDER VERVOER sit?? Die kar is ****ant in 2014 gekoop en het 27 000 km op. Binnekort verval die warrantee. Met alles wat net breek en ingee - WIE is dan verantwoordelik vir hierdie onkoste. Ek soek my geld terug sodat ek vir my 'n ander motor kan koop waarmee ek kan ry sonder probleme en sonder om vir tye sonder vervoer te sit. DIS SWAK!! Ten minste kon hulle my seker vervoer gee intussen. Die probleme is nie agv van my nie, maar ek dink die maak of die spesifieke motor is 'n FLOP! en ek voel FORD moet hul fout regstel. Ek kan NIE bekostig om alle foute wat oppop te betaal nie. Dis swak vakmanskap nie swak eienaar nie. Ek soek antwoorde FORD????</p>

0
Replies (0)