AV
Andre V

1 reviews | Active since Mar 2012

10 Nov 2023, 10:49

FORD FIGO 2019 STARTER

2019 koop ek, (as pensionaris) my laaste motor. Ford Figo demonstrasie model met 3 jaar gratis dienswaarborg. Elke keer as ek motor vir diens neem, in die 3 jaar, vra ek dat hul spesifiek moet kyk hoekom motor sukkel om te 'start'. Elke keer is antwoord ' hard to start' en 'battery fine'. Maart 2023 was laaste 'onder waarborg' diens met dieselfde antwoord. Augustus 2023, (motor is uit waarborg), neem ek motor na privaat maatskappy omdat dit al hoe erger word. Onmiddellik was die antwoord, dis die 'starter'. So moes ek 'starter' vervang wat my, as pensionaris, R5900 uit die sak jaag. Ford tolvry ges***el en dame sou binne 3 dae terugkom na my. Sy noem ook dat, omdat ek motor na privaat maatskappy geneem het, dit nie meer hul probleem is. Ek het ook die verkoopsagent by Ford ge****ak, wie hul Dinsdag ges***el het. Nog geen antwoord van FORD tot dusver. Ek het regtig gedink ek koop die beste motor wat ek kon bekostig, maar het die pot misgesit!!!!!

0
Replies (0)