JV
Jenny V

1 reviews | Active since Oct 2015

18 Oct 2015, 08:20

SWAK DIENS

Ek het in September 2014 'n nuwe ford ecosport in Pretoria gekoop. Nou 'n jaar later is dit tyd vir haar 1ste diens. Omdat ek in Phalaborwa bly het ek toe besluit om Galactic Auto Polokwane te gebruik. Ek het haar diens geboek vir die 19.09.2015, 'n bevestigings nommer die 11.08.2015 gekry. Daar aangekom die 19.09.2015 toe moes ek hoor dat daar 'n probleem met my kar se lug sakke is. Die bedraading is verkeerd en ek moet weer terug kom die volgende week vrydag want hulle kan dit nie nou doen nie. Ek moes toe al die pad terug ry Polokwane toe die volgende week vrydag sodat hulle die probleem kan reg stel. Ek het my kar daar afgelaai 07:30 die oggend en kon haar eers na 16:00 die middag weer kry. As dit nie was dat ek uit my EIE sak uit 'n kar by Avis gehuur het nie, sou ek die HELE dag daar gesit het. Want hulle het nie karre wat hulle uitleen nie. Ek kan verstaan as dit net 'n normale diens is, maar hierdie is iets anders. Ek moes ook verblyf kry omdat die kar so laat reg was, en alles moes ek uit my sak uit betaal. En dit omdat iemand nie sy werk gedoen het van die begin af nie.

0
Replies (0)