1 reviews | Active since Jun 2019
Safair se HAAT vir Afrikaans
Safair WEIER om Afrikaans, wat OOK 'n AMPTELIKE taal in Suid-Afrika is, en hulle dus VERPLIG om dit te gebruik, op sy vlugte of in enige dokumentasie te gebruik! Hulle forseer slegs Engels op 'n mens af. Sou ek, byvoorbeeld, omdat Afrikaans nie OOK gebruik word nie, en ek sê ek nie die slegs Engels verstaan nie, en dus op 'n vlug 'n opdrag, soos om my sitplekgordel vas te maak, nie uitvoer nie, sou ek as krimineel beskou, gearresteer, en in hegtenis geneem word, maar Safair en sy personeel kom skotvry daarvan af as HULLE NIE amptelike Afrikaans gebruik nie!!! Dit, ten spyte daarvan dat Lufthansa Engles EN Duits op hulle vlugte gebruik; Air France Engels EN Frans; Alitalia Engels EN Italiaans .... Wanneer ek 'n vliegkaartjie koop, is my Afrikaanse geld daarvoor meer as welkom en aanvaarbaar en goed genoeg vir Safair, maar net nie my Afrikaanse taal nie!!! Safair is dus besig om niks anders as HAAT en VERAGTING vir Afrikaans te toon en te doen nie. Gelukkig dat daar nou 'n nuwe wet op Haatspraak is, wat enige haataksies teen enige taal verbied ...
