WJ
Willie J

1 reviews | Active since Mar 2022

31 Mar 2022, 15:31

Swak diens

Ek het gister op die FNB app 'n navraag geplaas oor of ek my motorfinansiering van MFC na FNB sal kan skuif. Een van die opsies op daardie vorm was hoe wil ek ge****ak word. Ek het die "Email" opsie gekies. Dadelik 'n verwysings nommer gekry Your Query Reference Number ***Q been assigned to a Resolution Service consultant in Retail Queries.

Vanoggend stuur Retail Queries vir my die volgende: Dear Mr Willie Van Jaarsveld,

FNB Contact Center received your query with reference number ***Q.

Please contact Wesbank on ***.

Regards Tammy Porthen FNB Retail Service Recovery

My vraag nou aan julle: Wat is die doel van daardie opsies hoe kliënt ge****ak wil word? Ek is gehoorgestremd en daarom verkies ek om sake te doen via e-pos indien ek nie self by 'n tak kan uitkom nie. Ek stel nie belang om na my plaaslike tak in Senekal te gaan nie, want die diens is daar ook maar vrot. Duidelik is daar niemand by "Retail queries" wat my wou help met wat ek ookal wou vra/uitvind.

Dalk moet ek maar net na 'n ander bank skuif.

0
Replies (0)