1 reviews | Active since May 2020
Opvolg van klagte - Securechat is useless en dan hantering deur bank daarna
Op Dinsdag 2 Jule het ek 'n probleem aangemeld deur Secure-chat by FNB rakende 'n transaksie wat bedrieglik voorkom. Die antwoord vanaf secure-chat was totaal onaanvaarbaar, en terugvoer vanaf bank personeel was net so swak. Tydens oprop was ek net deurges***el na volgende persoon, en die kon ook nie antwoord of skriftelike inligtinb verskaf nie. Op 6 Julie is daar beloof dat my klagte na 'n privaat banker deurgegee sal word vir opvolg, maar dit het nie gebeur nie. Twee en 'n half jaar terug was daar bedrog gepleeg teen my rekening, FNB het my toe ook van bakboord na stuurboord gestuur, en het maande lank my e-posse ge-ignoreer. Toe ek by Hallo peter kla, het hul my ge****ak en toe genoem dis te laat om te reageer, ek moet maar self die probleem uitsort en met SAP en die Amerikaanse polisie ****ak. Die hantering van die saak wil binne die eerste week dieselfde roete gaan loop as die vorige saak. Dit wil voorkom of FNB glad nie belangstel om probleme op te volg nie, net swak verskonings gee en dan soos 'n volstruiks kop in die sand druk en hoop die persoon hou maar op probeer. Sal vandag ook 'n klagte indien by die Ombudsman, aangesien die lyk of die bedrieglike transaksie nou nie net een keer teen my rekening wys nie, maar 8 keer.
