WJ
Willie J

1 reviews | Active since Mar 2022

23 Aug 2018, 14:05

Ontevrede oor diens

Ek het op 12 Augustus op die FNB app aansoek gedoen vir 'n kredietkaart. Ek het 'n boodskap gekry dat dit goedgekeur is en 'n rekeningnommer ook gekry. Ek het gevra vir 'n R1000 limiet en het ook reeds die R1000 oorbetaal op die rekening, maar nou wys dit nie beskikbaar nie. Ek het op 15 Augustus 'n boodskap gekry dat ek my Proof of income of 3 maande bankstate moet stuur na ********** Ek het dit gedoen. 16 Augustus was ek toevallig by FNB in Senekal vir iets anders en vra toe net terloops vir die dame of sy iets weet. Sy het op die stelsel ingegaan en gesien dat dit nou by Valuations is. Dis nou al 'n week later en nog niks het gebeur nie. Wat is dan die doel van aanlyn aansoek doen? En ek het die laagste moontlike kredietlimiet gevat. Ek kom agter dat daar geen kommunikasie by FNB is nie, want ek het ook al op FNB se Facebook blad direkte boodskape gestuur en vrae gevra, waarvoor ek nou nog wag vir antwoorde. Dit is uiters swak diens...ek het reeds van Absa afgeskuif na FNB, maar lyk my ek moet maar na 'n ander bank skuif.

0
Replies (1)
FNB (First National Bank)
FNB (First National Bank)'s reply23 Aug 2018, 14:22
Official

Good day Willie Van Jaarsveld,

I truly regret taking note of your experience; thank you for bringing this to my attention. Please accept my deepest apologies.

Your complaint has been referred to FNB Credit Card for investigation and resolution. I have requested that they provide feedback.

Complaint reference number ***NF was issued for your complaint.

Regards,

Hello Peter Complaints

Naomi Petersen

*** (option one)