BE
Belinda E

1 reviews | Active since Apr 2015

21 Nov 2019, 11:56

House loan deduct correctly but FNB sents letter stating I'm in Arrears

Ek het Febuarie 2018 by my nuwe werk begin werk. Ek bel toe vir FNB om my debietorder se datum te skuif omdat ek nou eers die laaste dag van die maand my salaris kry. Die persoon by die call centre het my verseker dat alles reg sal afgaan as my salaris net voor 15h00 in is, want dis die laaste keer wanneer hulle aftrekkings doen. Vandaar af gaan dit elke maand die laaste dag van die maand af. My bankstate bewys dit. Hou asb ingedagte dat ek ook by FNB bank. Dus elke keer kry ek eers my sms wat se my lening is af, en die 2de sms wys dat my salaris in betaal word.

Paar maande daarna begin ek briewe in die pos kry dat my rekening agterstallig is. Ek bel vir FNB om te hoor waar het ek n paaiement gemis. Die dame lig my in dat ek nie agterstallig is nie. Omdat my salaris eers die laaste dag afgetrek word, kan dit moontlik wees dat hulle dit eers generate die volgende dag. Sy reken dat ek die briewe maar net kan ignoreer want ek is nie agterstallig nie.

Die maand kry ek en my man 4 geregistreerde briewe (wat MY R100 kos per brief, ons het 4 gekry) dat ons nie by die ooreenkoms hou om elke maand te betaal nie en dat ons weer agter is en Interest gaan gecharge word en ekstra admin koste en alles. Ek bel FNB gister middag 16h30 en wil graag weet wat aangaan. Weereens word daar vir my verseker my rekening is nie agterstallig nie, maar weer moet ek betaal vir die briewe. Petrol wat ek moet uitry om spesiaal te ry om briewe te gaan haal wat eintlik nie moes gewees het nie. So se ek vir die konsultant van FNB dat ek met n bestuurder wil praat en hy se vir my almal is reeds weg. Hy verseker my dat hulle my die volgende oggend 8h00 sal bel. Geen oproep is aan my gemaak nie.

Ek bel weer vir FNB. Ek gaan weer omkoste aan om n probleem aan FNB se kant uit te sort. Praat met Zinobia. Sy vertel vir my dieselfde goed en ek se vir haar ek wil met n bestuurder praat. Weer moet ek aan hou net dat sy terug kom na my toe om te se die bestuurders is glo in n meeting. Sy se ek moet haar net tot 11h00 toe gee (uur en n half) dan bel hulle my. Soos ek hierdie geskrewe doen is dit 11h50 en niemand het my nog gebel nie. Ek het intussen weer probeer bel, maar sy kan nie met my praat nie.

Nou verstaan ek nie so mooi nie. Die brief reken ek moet aandag gee met "extreme urgency" maar FNB self dink nie so nie.

Boonop het ek al die bewyse dat my kant skoon is en dat ek wel betaal (per debit order) elke laaste dag van die maand. Dis nie my skuld dat FNB dit nie verwerk dieselfde dag nie. Wat dit vir my nog erger maak is dat dis van n FNB rekening na n FNB rekening.

FNB wil my ook glad nie help nie. Ek is frustreerd met die situasie al, maar FNB word nie gepla daar mee nie.

Ek voel dat ek is maar een van miljoene kliente en ongelukkig het ek n ****rak met hulle en solank hulle net my geld kry, pla die res nie.

Ek het bewys van my bankstate dat ek nie een paaiement gemis het nie en ook bewyse van die geskrewe wat FNB vir my stuur.

0
Replies (1)
BE
Belinda E's update21 Nov 2019, 13:05
Reviewer Update
Baie dankie vir die oproep terug wat julle my gegee het. Dit is net vir my te wonderlik die oomblik wat ek op Hello Peter post, begin dinge gebeur. Zinobia het my 12h24 terug gebel en gese dat sy het met die bestuurder Marcia gepraat en dat sy dit glo ook gaan ondersoek. Nou voel ek dat ek het wag al van vanoggend 8h00 dat n bestuurder my moet s***el en nog geen bestuurder vind dit waardig om my te bel nie. Lyk atleast net of julle wil probeer om my situasie uit te sorteer. Zinobia probeer regtig (hoop ek), maar sy kan net soveel doen. Sy moet my frustrasie opvreet, maar kan ook nie veel help as sy nie hulp kry nie. Sy het ook gese dat sy dit na die complaints afdeling toe gestuur het. Ek voel die situasie geniet nie die aandag wat dit moet geniet nie