1 reviews | Active since Oct 2015
FNB - SWAKSTE DIENS OOIT
My seun is in Okt '14 oorlede. Gedurende Nov '14 het ek as eksekuteur vir hom 'n boedelrek by FNB geopen. Ek het FNB opdrag gegee om al sy bestaande rek's te sluit en die balans na die Boedelrek oor te plaas. Ek is in kennis gestel dat hy 2 polisse het, 1 wat sy oortrokke fasiliteit dek en 1 wat 'n gedeelte van sy kredietkaart dek. Daar is 'n eis teen die polisse ingedien en sodra die eise uitbetaal, sou die rekenings gesluit word. Die eis vir die oortrokke fasiliteit is op 12 Des '14 in sy rekening inbetaal, maar die eis teen die kredietkaart is tot vandag toe, amper 'n jaar later, nog nie afgehandel nie (en dit vir 'n skamele R12000). Die tjekrekening is SLEGS 'N WEEK GELEDE (11 MAANDE NA DIE TYD), na 'n vreeslike gestoei eers gesluit en die fondse oorgedra na die boedelrekening. Nou sukkel ek nog voort met die kredietkaart. Niemand kan vir my 'n afskrif van die Polis gee nie en FNB weier net volstek om die aangeleentheid af te handel. Elke dag word 'n ander verskoning gebruik waarom die Polis nie uitbetaal kan word nie. Ek moet my kind se boedel afhandel maar FNB maak dit vir my onmoontlik. DIT IS BY VERRE DIE SWAKSTE DIENS WAT EK NOG OOIT ONTVANG HET.
Thank you for taking the time to bring this to our attention. We would like to apologize for any inconvenience caused.
A formal complaint has been logged on your behalf and referred to the relevant department who will provide you with feedback.
The reference number is 786099.
Regards
Complaints Resolution
Melinda Duvenhage
Email address: ***
Tel number: *** (option one)
Thank you for taking the time to bring this to our attention. We would like to apologize for any inconvenience caused.
A formal complaint has been logged on your behalf and referred to the relevant department who will provide you with feedback.
The reference number is 786099.
Regards
Complaints Resolution
Melinda Duvenhage
Email address: ***
Tel number: *** (option one)
