CP
Conrad P

1 reviews | Active since Oct 2022

27 Sept 2023, 11:09

FNB op Hallo Pieter

Ek het gister 'n krisis ervaar, en FNB se aanlyn klets wou/kon my nie help nie. Het menigde kere probeer. Was vir lank op die foon. Ek besluit toe nee goedgaaf, Hallo Pieter is dan die pad om te stap. Ek wil net graag beklemtoon die goeie diens wat ek van FNB se Hallo Pieter span gekry het. Ek meen:

Presies 5 minute 4 sekondes na my resensie op Hallo Pieter het ek 'n epos ontvang wat sê belangrike saak is oopgemaak en hulle gaan ondersoek instel. 10 minute later 'n verwysings nommer via epos ontvang. Binne 24 uur is ek terug op Hallo Pieter om te sê my krisis is opgelos, ek het nie eers met iemand gepraat nie, opdaterings via epos gekry, veranderinge op my rekeninge gesien, nie 'n ding om oor te kla nie.

En dié gebeur elke liewe keer, hulle stel nie teleur hierop nie. Punt.

Baie dankie Hallo Pieter Span van FNB! Jul is ongelooflik goed in wat jul doen, hou aan met die goeie diens! Dié 5 sterretjies verdien jul sowaar.

0
Replies (0)