CH
Charles H

1 reviews | Active since Dec 2019

13 Dec 2019, 17:30

FNB Malmesbury - SWAK DIENS

Was vanoggend 10 uur in FNB Malmesbury om my nuwe kaart op te tel. Daar was niemand voor my op die rusbanke of by die cublicles nie (kon my geluk nie glo nie). Ek het my kaartjie geneem en gaan wag. Ag minute later het ek vir die dame op die vloer gevra of daar iemand is wat my kan help, aangesien daar niemand voor my was nie. Sy het gaan kyk by die cubicles en gesê ek kan maar deurstap. Ek het nog net "môre" gesê, toe word daar vir my vertel ek moet terug gaan en wag totdat my kaartjie nommer geroep word. Ek gaan wag toe by die rusbanke, net om te hoor die stront wat gepraat word (vanaf die cubicles) oor glase en wat hulle die naweek gaan maak. Dit terwyl ek en nog 2 kliënte wat intussen ingekom het, moet sit en wag. Nodeloos om te sê, ek het my kaartjije weggegooi en geloop. Alles wat FNB 'n beter bank gemaak het, is hierdie tak besig om deur hulle agterente te trek. Ek stel nie belang in FNB se standaard verskonings van "ondersoek instel nie" - ruk liewer julle tak reg.

0
Replies (1)
FNB (First National Bank)
FNB (First National Bank)'s reply14 Dec 2019, 09:08
Official
Good Day 

Thank you for taking the time to bring this to our attention. We would like to apologize for any inconvenience caused.

A formal complaint has been logged on your behalf and referred to the relevant department who will provide you with feedback.

The reference number is   ***

Regards

Hello Peter Complaints Team 

***