1 reviews | Active since Jul 2016
FNB is pateties!
My grootste wens ooit, is om vir 'n uur lank vir Jacques Cilliers, CEO van FNB te vertel hoe pateties, swak en onaangenaam hulle diens is! Uit 2 besighede waarby ek betrokke is en uit persoonlike ondervinding wil ek vir die wêreld uit basuin FNB is pateties! Vir een rekening wag ons al 'n jaar lank vir hulle net om die adres reg te stel, nadat ons persoonlik by die tak was met die CIPC en FICA dokumente - 10 e-posse verder en die aangeleentheid verwys na care@fnb en nog steeds gebeur daar niks...... Op 6 Aug vra ek vir verskillende opsies om geld te belê, per e-pos, vir ons persoonlike bankier......steeds geen antwoord..... S***el jy ***, moet jy jou ID nommer verskaf selfs al is dit net vir 'n algemene navraag en dis 'n robot waarmee jy praat.... vandag, na 5 oproepe kon ek en die robot eers regkom......ek praat van "exchange rates" dan word ek deurgesit na "investments"....maar dan moet ek van voor af my ID nommer verskaf en van voor af gaan "approve" op die "banking App". In Februarie spandeer ek een hele Vrydag om 'n rekening oop te maak vir buitlandse valuta - maande later laat weet hulle dis afgekeur maar geen poging word aangewend om te help om die saak reg te stel nie. Daar gaan 12 miljoen rand in daardie rekening inkom - ons is nou besig om met ABSA te werk. Dit neem my kollega in Kenia 10 minute om 'n ZAR vir homself in Kenia oop te maak. Ek wens, ek wens ek kan al die e-posse van die afgelope paar maande vir Jacques Cilliers gee - persoonlik in sy hande!
