DJ
Danie J

1 reviews | Active since May 2009

16 Feb 2015, 06:14

FNB, hoe kan ons dit vermy om u te help?

Ons is besig om te kyk na die herstrukturering van ons klein besigheid en soos dit maar gaan is daar waarborge en ooreenkomste met jou bank wat dalk betrokke sou raak as aandeelhouding verander. Sedert einde November/begin Desember 2014, smeek ek al op tak en streekvlak dat iemand van FNB beskikbaar gemaak word wat sinvol saam met my kan sit om te kyk waar uitdagings mag uitspring sodat ons betyds die regte papierwerk doen of alternatiewe oorweeg!<br> <br> Bid jou dit aan, nou word dit na provinsiale bestuur verwys, nerens in enige FNB tak of op streeksvlak is daar iemand wat kan insette lewer oor sulke dinge wat vir my so basies klink dat ek bang is dat ek in my onkunde een of ander sensitiewe bankreel sal oortree en die teiken sal word van negatiewe aksies wat klaarblyklik meer in die bank se vlak van optrede val. <br> <br> Wys net weer dat FNB se irriterende 'hoe kan ons u help' veldtog een van die grootste wanvoorstellings in die advertensiewese is!

0
Replies (1)
FNB (First National Bank)
FNB (First National Bank)'s reply16 Feb 2015, 08:13
Official
Hello danie,

Thank you for your posting and allowing us an opportunity to investigate your complaint.

This matter will be assigned to Business Banking who will contact you and provide feedback.

Your complaint reference is 624599.

Kind Regards
Complaints Resolution
Celeste Kruger
Email: ***
Tel Number: *** (Option One)