1 reviews | Active since Jul 2015
FNB George York straat gee om vir gestremde mense
Op Saterdag 27 Julie het ek met my siek suster wat pas uit George hospitaal ontslaan was om 10:50 voor FNB in George (York straat) parkeer. Nie een van ons is in George woonagtig nie. Sy moes dringende banksake doen. Ek het haar in die motor gelos. Ek het self in die bank ingegaan en die vriendelike dame by die ingang by wie almal aanmeld gevra of dit moontlik is dat my suster haar banksake in die motor kan doen aangesien sy te swak was en nie kon loop nie. Die dame het dadelik iemand nader geroep om haar af te los en saam my na die motor gestap. Die uiteinde van die versoek was dat my suster al haar dringende sake in die motor kon doen. <br> Hier is mense wat werklik omgee en ek sit 'n veer op die skouer van die dame wat op die dag kliente ontvangs gedoen het. Dankie FNB. Ons is nie almal gesond en sterk nie. As jy gestrem, siek of swak is, is dit die tipe bank wat vir jou 'n ekstra myl sal loop.
WOW, Thank you for this posting,
Feedback of this nature is always appreciated.
We are truly glad to hear of the wonderful service you have received from our staff.
***.
Regards
Complaints Resolution
Melinda Duvenhage
Email address: ***
Tel number: *** (option one)
WOW, Thank you for this posting,
Feedback of this nature is always appreciated.
We are truly glad to hear of the wonderful service you have received from our staff.
***.
Regards
Complaints Resolution
Melinda Duvenhage
Email address: ***
Tel number: *** (option one)
