1 reviews | Active since Nov 2024
FNB BEDROG AFDELING
Bibi Visagie 'n pensionaris (64 jaar) is 'n lojale FNB kliënt vir die laaste 30 jaar, sy het verskeie lenings aangegaan oor die jare en elke sent terug betaal. Isak Meyer Visagie (oorlede man) was in diens van FNB vir 25 jaar.
Bibi Visagie het op 18 September 2024 'n baie geloofwaardige oproep ontvang van 'n manlike persoon {David) wat hom voorgedoen het as 'n FNB konsultant. Die "true caller" het aangedui dat die oproep van die FNB "card division" departement af kom. Tannie Bibi het uit onkunde haar pin verskaf en daar is R24 000 uit haar rekening getrek.
FNB het versekering teen bedrog maar hulle verweer is dat Bibi Visagie vrywillig haar "pin" verskaf het en daarom sal die versekering nie uitbetaal nie.
Die paaiement van R1500 word nou maandeliks van haar rekening afgetrek. Sy is 'n pensionaris wat reeds finansieël baie swaar kry, hoe verwag FNB van 'n pensionaris om geld terug te betaal wat sy nie kan bekostig om terug te betaal nie,terwyl FNB versekering het teen bedrog. Bejaardes is absoluut 'n sagte teiken vir bedrog omdat hulle oningelig en goedgelowig is.
'n Instansie is veronderstel om na elke geval individueel te kyk en dan 'n besluit te neem ipv net 'n beleid te volg. Bibi is 'n getroue en lojale klient al vir 30 jaar! Die paaiement neem letterlik kos uit haar mond!
